AfriForum stig teenrassisme-eenheid
0
04:55

AfriForum stig teenrassisme-eenheid

’n Nuutgestigte eenheid teen rassisme en haatspraak is vandeesweek tydens ’n konferensie in Centurion amptelik deur AfriForum van stapel gestuur. Verskeie rolspelers, wat hulle as raadgewers tot hierdie eenheid verbind het, het as sprekers by die konferensie opgetree en verskillende aspekte van wat die die eenheid beoog om te bereik, uitgelig.
AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle
0
03:37

AfriForum betoog by hofverrigtinge teen dubbele standaarde oor rasvoorvalle

Lede van die burgerregte-organisasie AfriForum het vanoggend buite die Pretoria-Noordse landdroshof teen die dubbele standaarde betoog waarmee rasvoorvalle in Suid-Afrika hanteer word. Dié dubbele standaarde behels volgens AfriForum dat wit-op-swart-aanvalle deurlopend aan die groot klok gehang word, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word. Die betoging val saam met die verskyning van twee verdagtes wat Carel Kruger aan die begin van Augustus vanjaar in die Montana-omgewing gewelddadig met ’n baksteen aangeval het. Dié aanval het enkele dae ná die KFC-voorval – óók in die Montana-omgewing – plaasgevind.
Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool
0
00:31

Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool

ʼn Video doen tans die ronde op sosiale media waarin daar gesien kan word hoe skoolseuns twee volwassenes, wie glo onderwysers is, oënskynlik in en voor ʼn klaskamer rondstamp.