0

Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’

Dalk het hy al vir ’n geruime tydjie soos ’n akteur begin voel as mens in ag neem die musiekvideo van sy treffer, Skepe, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk. Maar nou het Jo Black en sy baard die grootskerm betree met die aankondiging dat hy sy opwagting gaan maak in die rolprent Susters. Jo sluit aan by ’n sterk rolverdeling wat Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle insluit. Dié verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.
image-.jpg
0

Talentvolle Ruby Rouge se eerste snit plaas haar talent in perspektief

Ruby Rouge is een van daardie kunstenaars wat jou beïndruk wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is ’n hartroerende opregtheid en meesleurende melodie in haar stem wat jou aangryp en by jou bly lank nadat sy klaar gesing het.

Dit is dan ook hierdie eienskappe wat die eerste enkelsnitvrystelling vanaf haar debuut-album so onvergeetlik maak.

Gaining Perspective is ’n ineteressante popmusiek- en klavierverwerking wat selfs die kritieste oor sal beïndruk. Hierdie ballade, uit haar eie pen, gaan oor selfaanvaarding en is ’n tema waarby almal sal aanklank vind. “Die liedjie gaan daaroor om jouself te aanvaar ten spyte van wat ander mense se opinies is,” verklap die talentvolle musikant en liedjieskrywer oor haar eerste vrystelling.

“Ek het altyd baie ongemaklik gevoel in my eie vel tot op die dag wat ek genoeg gehad het en ’n liedjie geskryf het daaroor om net jouself te wees en sterk te staan wanneer diegene rondom jou n