Boer se ongewone ‘waghond’ maak opslae
Baie boere hou kwaai honde aan om hulle teen plaasaanvalle te beskerm, maar ʼn boer van die Hoopstad-distrik in die Vrystaat het ʼn stap verder gegaan om die veiligheid om sy plaas op te skerp. Snags loop ʼn volwasse leeumannetjie om Tobie Bird se plaashuis om hulle teen aanvallers te beskerm.



