image-.jpg
0

Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’ met Die Middernagtrein

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.

Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.

“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ’n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ’n metafoor vir life on the road.”

Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ’n totaal van sestien vollengte albums.

Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ’n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die sn

image-.jpg
0

Die sanger Piet Botha is oud maar nog glad nie koud in die musiekbedryf nie

Piet Botha (18 Julie 1955) is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is die seun van Pik Botha, een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.

In 1984 begin hy die musiekgroep Jack Hammer. Botha is in 1985 na die VSA om daar te gaan werk, maar keer in 1986 na Suid-Afrika terug. Sy eerste Afrikaanse album, ’n Suitcase vol winter, is in 1997 bekendgestel. Van sy bekendste liedjies sluit in Blues vir Louise, ’n Suitcase vol winter en Vandat jy weg is. Hy ontvang ’n Sama-prys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek (2006). In 2002 is hy by die SA Rock Hall of Fame ingelyf en in 2006 is hy deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaans vereer.[1]

In 2011 verskyn Botha in ‘n televisie-program op die Afrikaanse TV-kanaal kykNET, genaamd “Wie Lê Waar”, waarin Botha die grafte van bekende Afrikaanse ikone besoek en hulle biografieë vertel. Die reeks lei dan ook dan indirek na die opneem en uitreik van Piet Bo