image-.jpg
0

‘N groot stem in Opera is verlore maar nie vergete nie:- Johan Botha (tenoor)

Hy maak sy debuut in 1989 op die verhoog van die munisipale teater in Roodepoort as Max in Der Freischütz. Sy internasionale deurbraak kom in 1993 by die Opera de la Bastille as Pinkerton in Puccini se Madama Butterfly.

Sedertdien het hy opgetree by toonaangewende operahuise oor die wêreld soos die Metropolitan Opera, Weense Staatsopera, Opera Australia, Royal Opera House (Londen), La Scala, en die Salzburg Festival. Hy is op 8 September 2016 na ‘n stryd teen kanker oorlede.

Johan Botha is die Suid-Afrikaanse operasanger wat by verreweg die meeste Internasionale opnames gemaak het:

Albert: Tiefland onder Bertrand de Billy (2006) Oehms OC 312
Dvorak: Stabat Mater (2001)
Charles Koechlin: The Jungle Book (1994)
The Puccini Experience (1995)
Mahler Simfonie 8 onnder Boulez en De Billy
Puccini: Turandot onder Gergiev (DVD)
Richard Strauss: Daphne onder Bychkov
Richard Strauss: Elekt

image-.jpg
0

Legendariese sanger Bles Bridges sal nooit vergeet word vir sy musiek nie

Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 op Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Vereeniging voltooi. Sy bynaam, Bles, is deur sy Ierse oupa aan hom gegee omrede hy op vroeë ouderdom min hare gehad het.[3] In 1972 neem hy ‘n langspeelplaat saam met Minnie van Heerden op.

Die regisseur van die plaat, Corrie Mubyrgh, wat later met die sangeres Cora Marie sou trou, was van mening was dat die naam “Bles” nie byval by die publiek sou vind nie. Gevolglik is die album onder die titel Morné en Marié sing vrygestel, maar dit was egter nie ’n sukses nie.

Sy solo-debuutalbum, Onbekende Weermagman, is 10 jaar later in 1982 uitgereik. Sy beroepsloopbaan begin egter eers in 1984 met die uitreiking van sy tweede album, Bles, wat binne minder as ‘n maand goue status verwerf het (meer as 25 000 kopieë verkoop). Die album het die bekende liedjie Maggie ingesluit.

In die 1980’s het hy ‘n