image-.jpg
0

2018 SAMA 24: Die Afrikaanse benoemings!

Dis weer tyd vir die South African Music Awards (SAMA), wat vir die 24ste keer deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) aangebied word. Die jaarlikse geleentheid vereer van die beste talent oor ’n tydperk van twee dae in sleutel kategorieë.

Sommige van die benoemdes gaan ook tydens die seremonie optree, wat beloof om ’n skouspel soos min te wees.

Hier is die Afrikaanse benoemdes:

BEST ROCK ALBUM
Willim Welsyn – Blitzkriek
Fokofpolisiekar – Selfmedikasie

BESTE POP-ALBUM
Ray Dylan – Uitbasuin
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde
Brendan Peyper – Hy Loop Oop
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand
Lianie May – Iemand Om Lief Te Hê

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM
Saarkie – Queen van die Toorbos
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Jo Black – Skepe

image-.jpg
0

Angel verskuif country pop grense

Angel de Lange se nuwe album, Vat my terug, haar eerste onder die Select-vaandel, is oorgehaal om een van die grootste country-rock bederwe van 2018 te wees!

Hierdie fenomenale talent van die Ooste van Johannesburg se lae register-stem herinner aan die van die legendariese Bonnie Tyler, en met dié album – waar liedjieskrywers soos Rudi Claase, Dennis East en Manie Jackson hul penne by Angel se eie gevoeg het – kom dit beslis tot sy volle reg.

Die album beslaan twaalf snitte wat ’n hele rits nuutskeppings met ’n goeie paar wêreldbekende gunstelinge afwissel in ’n samestelling wat diegene wat daarna luister sal boei van begin tot einde. Dis primêr ’n country geur, met vuurwarm rock-elemente bygevoeg – ’n album waarna jy seker net lekker kan luister ook, maar een wat ook nie skroom om jou gereëld dansvloer toe te sleep vir ’n goeie skoffel of two-step nie.

Oorspronklike snitte sluit Juwele, Ek huil oor jou, Poppedans, die ampe

image-.jpg
0

Die band 1925band vra ‘Waarom’ met nuwe snit

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ’n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ’n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herinner ons dat die antwoord by jouself lê – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm, Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landwyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landwye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die s

image-.jpg
0

Dié Bekende Sanger kry die stem agter ‘n kykNET- sitkom

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”

image-.jpg
0

Die manne van EON het ‘spunk’

In 2017 het Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse alternatiewe popgroep EON gestig, en bereik reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet, wat tans op verskeie radiostasies en hoog op die rotasielyste is.

Die musiekvideo daarvan is ook nou op YouTube bereik verrassende kykersgetalle. Verskeie Afrikaanse TV-kanale beelsend ook gereeld die musiekvideo.

Pieter Marcato is ’n liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

Jerry Spangenberg is gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers het hy konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Die gogga vir dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is

image-.jpg
0

Die sang groep Tussen Sterre betower met aansteeklike lirieke

TussenSterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk.

TussenSterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak.

Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl en passie om die Afrikaanse taal lewendig te hou.

“Ons maak nie net musiek nie, ons verduidelik emosies wat mense oor die algemeen mee sukkel om met woorde te sê” vertel hulle.

TussenSterre se eerste enkelsnit, Wonder Steeds, is beskikbaar op iTunes waarvan die musiekvideo in Julie 2016 vrygestel gaan word.

Loer hier na hulle musiekvideo:- Tussen Sterre – Wonder Steeds

image-.jpg
0

Ontmoet vir Liza Brönner, ‘n Afrikaanse sangeres van formaat

Liza Brönner is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI).

Haar derde album, Vir eers is dit net ek… is op 01 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.)

In Mei 2013 wen Brönner ‘n werklikheidsprogram wat ‘n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,[1] om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer ‘n puik vertolking van die hoofrol, “Liefling” teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld.

Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, “Vir eers is dit net ek” het 2Br

image-.jpg
0

Sangeres Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam!

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek.

Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisiekanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie a