image-.jpg
0

Die Flooze van Witbank het ‘n nuwe musiekvideo – ‘bliengmasjien’

Die Flooze van Witbank is terug met ’n masjien vol blieng.

“En wat kry jy as jy ’n spul spanners meng met silwer sequence?” vra Flooze wanneer sy oor haar splinternuwe album, Die Bliengmasjien, begin gesels.

Blieng-bada-blieng… Bada-blieng-blieng-blieng, al wat jy sien, is Die Blingmasjien. “Ek scheme tien uit tien, maar laat ek jou vertel: Tinkerbell word Blinkerbell…” voeg sy knipoog by.

Sy is Flooze, die goose wat die Tennis Tune kan doen op die ritme van Boris Becker se topspin-tennisballe. Sy is die rowwe blond wat jou happy chappy groet met ’n opgetofde Hoezit my Tjomma-mix. Sy is die meisie wat danse het, wat lyk soos iets uit ’n Kung-Fu Panda-fliek.

En nou bring sy Die Bliengmasjien wat haar nuwe treffers gaan laat sparkle-sparkle soos ’n diamant reg uit Kimberley se gat.

Haar spiksplinternuwe skitteralbum, Die Bliengmasjien, is hier met klanke wat in jou ore gaan herhaal en jou luidsprekers kliphard laat gons. Sy mee

image-.jpg
0

Bouwer Bosch is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

Die sangeres Juanita du Plessis het geen bekendstelling nodig nie, maar hier is ‘n paar goedjies wat jy dalk nie geweet het nie

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.

‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe dra

image-.jpg
0

Gehoor van Albert de Wet, ek is seker jy het, so hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom

Albert de Wet is ‘n Afrikaanse rock-sanger en liedjieskrywer. Hy maak sy debuut as sanger in 2005 waar hy in die RSGroentjie-kategorie van die Geraas-musiektoekennings tot finalis deurdring. Sy debuutalbum, Dagboek Van ‘n Dromer word in 2006 op 19-jarige ouderdom vrygestel.

De Wet is in 2006 genomineer as ‘n finalis in die “World song vision contest” en is ook genomineer vir die beste Afrikaans Rock-album tydens die 2007-SAMA toekennings. Hy het ook nominasies tydens Huisgenoot se Tempo-toekennings, die MK89-toekennings en die Vonk-toekennings ontvang.

In 2007 stel hy sy tweede album, “3 Jaar” vry, en ook die album word genomineer vir ‘n SAMA-toekenning as beste rock-album. Met die liedjie “Wat het gebeur by Aliwal-Noord?” verower hy in 2009 die VONK-toekenning vir Liedjie van die Jaar.

In Julie 2010 stel de Wet sy derde album vry: “Die vensters na my siel”, sowel as ‘

image-.jpg
0

Leer ken vir Bouwer Bosch met hierdie kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

The well known pianist Rocco De Villiers is very popular, here is a short Bio of him

Pianist Rocco de Villiers has released 13 instrumental cd’s, 2 cocktail books, a live DVD and wrote and produced 35 instrumental stage productions. His latest release is a new cd album, BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS 2.

His previous albums BEAUTIFUL BEAUTIFUL PIANO, and MORE BEAUTIFUL PIANO and STUNNING all reached either gold or platinum status. In 2014 Rocco also released sheet music, ROCCO DE VILLIERS BLADMUSIEK VIR KLAVIER VOLUME 1 of his own compositions.

Rocco has been nominated and awarded a HUISGENOOT TEMPO , GHOEMA AWARD, VONK AWARD, SAMA, KANNA, WOORD-TROFEE and a CAPE THEATRE AWARD.

He is also co –director of THIRD EAR SOUND which take commissions for television, film and museumsound concept design. Rocco has rece

image-.jpg
0

Gehoor van Carlo, leer hom ken, hier is ‘n kort Bio van hom

Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.

In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H

image-.jpg
0

Joe Foster vat die ‘volgende stap’ met ‘n nuwe album

Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.

Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.

Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.

Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enkelsnit. Die snit, wat o

image-.jpg
0

Die lang verwagte Tarryn Lamb se album tref die rakke

Die gewilde Tarryn Lamb het die land gaande oor haar met haar treffer enkelsnit, Mal Oor Jou, en haar langverwagte album met dieselfde titel is pas uitgereik. Dié veelsydige sangeres is ’n welkome vars briesie wat die Afrikaanse musiekbedryf getref het.

Mal Oor Jou bevat veertien snitte waarvan die meeste uit die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se pen kom. Dié betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by haar volwasse gehoor.

’n Duet saam met die immergewilde Jay du Plessis, Afgrond, en een saam met Kevin Leo, Ed Sheeran se Perfect, is ingesluit vir verdere luistergenot.

Aanhangers sal van die eerste noot op dié album, tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking van Laurika Rauch se bekende treffer, Blouberg se Strand, meegevoer wees.

Saam met die album se uitreiking, is ’n splinternuwe musiekvideo ook reeds beskikbaar vir die eerste snit op die album, Vier Woorde. Die musiekvideo vir Mal Oor Jou

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit deur SAARKIE – Langpad

“Ons nuwe musiekvideo gaan oor die tyd wat verbystap, terwyl ons aanhou musiek maak. Tyd gaan verby, klerestyle verander, maar die son sak altyd en kom weer op. As rockgroep, staan ons ook soos tyd nie stil nie, maar bou ons elke dag verder aan ons plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf,” verklap SAARKIE oor die tema agter die musiekvideo van hulle nuutste treffer, Langpad, wat die afgelope Vrydag op die kykNET Top 20 vrygestel is.

Die konsep van die video is deur Girl with Hat Productions, wat bestaan uit André Oosthuizen (mede-regisseur, redigeerder en kameraman), Mjön van Blommestein (mede-regisseur) en kameraman, Thabi Modotuane, uitgedink en is in die groep se “Saarkie-huis” verfilm. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hulle musiek te skaaf.

SA Radio

image-.jpg
0

Hanco, ‘n negentienjarige sing oor ‘eie lewenservarings’

Die 19-jarige sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, Hanco, het onlangs ’n platekontrak by die gewilde platemaatskappy David Gresham geteken.

Boonop spog hy nou ook met sy debuutenkelsnit Ek en Jy, wat hy self gepen het. Die liedjie, wat deur Ziggy vervaardig is, gaan oor die oomblik wanneer jy jou beter helfte vas hou en veilig laat voel.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om my enkelsnit, Ek en Jy vry te stel. Ek hou daarvan om oor my eie lewenservarings te skryf en dit is hoekom Ek en Jy vir my so belangrik en spesiaal is,” vertel Hanco.

Hanco woon tans in Pretoria en sy eerste kennismaking met die verhoog was op die ouderdom van nege. Die hande klap van die gehoor is ’n herinnering wat hom vir altyd sal bybly.

Vir die afgelope vier jaar het hy

image-.jpg
0

Hier is ‘n kort Bio oor die bekendste akteur, komediant en sanger Al Debbo

Al Debbo (1924–2011) was ’n legendariese akteur, komediant en sanger. Hy is bekend vir liedjies soos Sonbrilletjies, Hasie, Tantes van Nantes, Brakke van Turffontein en Bolandse nooientjie. Debbo het altesaam in twintig rolprente gespeel. Die eerste was Die kaskenades van dokter Kwak in 1948 en die laaste Oh Shucks I’m Gatvol in 2004.

Al Debbo se pa, Azar het in die vroeë 1900’s uit Libanon na Suid-Afrika geïmmigreer om te help om treinspore te bou. Hier het hy Al se ma, ook ’n Libanees, ontmoet en is hulle later getroud.[1] Hulle het hulleself in Bloemfontein gevestig waar die Debbos jare lank winkeliers was, en Al is hier op 22 Junie 1924 gebore.[2]

Hy begin sy werkloopbaan as ’n ambagsman, maar begin later om voltyds te sing. In 1948 speel hy as akteur in sy eerste rolprent, Die kaskenades van dokter Kwak.

 
            </div><!--excerpt-->   
                        <div class= SA Radio

image-.jpg
0

Here is a short Bio of Rudi Claase, a well known singer

Rudi Claase was born on 11 January 1983 and grew up in Vereeniging with his parents and sister. He found that everything in Vereeniging was “taboo” and feels blessed to have known at a young age that music was going to be his forte.

He started playing piano by ear at the age of four. He says his family had two contrasting sides – one being extremely musical and the other, tone deaf which caused a friendly tug-of-war between the musical potential and lack thereof.

At the age of 13 his family moved to Vanderbijlpark, where he attended and matriculated at Transvalia High School. He always considered himself to be the “class clown” and was not very stimulated by the resources at hand. He had a wonderful music teacher, who was his escapology and if it wasn’t for her “hiding” him in her classroom and making excuses for him when he didn’t want to attend other classes, it would’ve hindered him from liberating himself from society and being

image-.jpg
0

Treffende nuwe snit uit deur Hugo Nieuwoudt

“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…” weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.

“Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie,” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.

Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreesli