image-.jpg
0

Nuwe album bekend gestel deur Jan Blohm dis gevul met liefde, Blues en Rock

Jan Blohm is weer in die kollig met Die Liefde Album. Die rebelseun is ouer en mens hoor die lesse van die lewe in sy lirieke.

Dis rou, akoesties en die kitaar sny diep saam met die woorde. Die stories is gevleg met blues, rock en Jan se unieke digkuns, maar hier gaan als oor die liefde.

Soms maak die liefde seer, ander kere gaan dit beter. Die Liefde Album is soos om ’n roman te lees en vertel die verhaal van ’n man wat weet wie hy nou is en wat vir hom belangrik is.

Jan se toekennings deur die jare is ’n getuigskrif van sy talent en op die album het hy die sluise oopgemaak. Dis oorsronklik, net soos hy kan en ’n moet vir aanhangers, oud en nuut.

Loer hier onder na een van sy treffers op die album:- Jan Blohm – Liefde Maak

image-.jpg
0

Heidi tref musiekmark met ’n glimlag met haar nuwe enkelsnit

Na ’n jaar en ’n half se harde werk is Heidi se heel eerste enkelsnit vanaf haar debuutalbum hier.

Wat ’n Hart Laat Lag, geskryf deur Emil Struwig en vervaardig deur Werner Beukes.

Heidi is beslis ’n nuweling om dop te hou in 2017 – haar album beloof om jonk en oud te bekoor!

Hierdie snit reeds uitgestuur na talle radiostasies, en sover baie goed ontvang – dié snit was selfs een van die nuwe vrystellings op Jacaranda 94.2 se Chamberlains Hot Hit gewees wat moontlik sy toetrede tot hulle trefferparade kan maak binne die volgende week of twee!

Sy het onlangs ’n musiekvideo van haar weergawe van The Gambler vrygestel wat bitter goed ontvang is deur die publiek en selfs die nommer drie posisie beklee het op iTunes se Top Afrikaanse Musiekvideo lys.

Loer hier onder na haar treffer met “The Gambler” en “Wat ‘n Hart Laat Lag”:-

image-.jpg
0

Van Coke en ‘n paar van sy vriende snoer kragte saam!

Die ikonies rocker, Francois van Coke, het ’n paar van sy vriende ingeroep vir ’n opwindende nuwe 4-snit EP.

Die EP is ’n epiese samewerking met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, hip-hip musikant Early B en aKING voorman Laudo Liebenberg. Die vier kunstenaars op die EP is ook deel van die Francois van Coke en Vriende-konsert, wat op 15 September in die Sun Arena van Time Square in Pretoria, aangebied word.

Die EP spog met indrukwekkende snitte, wat wissel van rock tot punk en hip-hop – iets wat weereens Francois se diversiteit as kunstenaar bewys.

As jy ’n aanhanger van enige van die kunstenaars is gaan hierdie album beslis op jou speellys moet wees vir die res van 2018.

Luister hier onder na van hulle treffers:-

image-.jpg
0

BEESKRAAL stel ‘n nuwe enkelsnit vry – ’20 jaar in die Kraal’

Die beeste was uit in die veld, maar het weer kraal toe gekom vir verskeie redes; eerstens om te spog met 20 jaar in die musiekbedryf en tweedens met ‘n splinternuwe album, “20 jaar in die Kraal”.

Dié Pretoria Rock-groep het die volk vasgevang in die laat 90’s met hul unieke ‘rock’ klank wat bestaan het uit tradisionele instrumente wat gemeng was met ‘rock’ instrumente. Toe al was hul al as revolusionêr gebrandmerk. BEESKRAAL is seker dié bekendste Rock groep in die land wat nie net spog met treffer-op-treffer nie, maar ook met energieke optredes waar elke lid sy individuele vernuf op hul instrumente wys. En jy hoef nie te wonder of hierdie om-die-kraal praatjies is nie, want BEESKRAAL het al soveel toekennings ingepalm wat bewys het, hierdie is A-graad ‘bees’.

Die nuwe album is ‘n versameling van hul grootste treffers oor die jare en sluit liedjies in soos ‘Strate van Pretoria’, Redes, Duisend Ure, Plaasdorp”, ens. Hull

image-.jpg
0

Die Nagligte is hier om te bly, verseker!

Die rockgroep, Nagligte, is gedurende 2016 vir twee Ghoemas benoem en het ook in Oktober 2016 weggestap met twee Bokkie toekennings vir, Nuweling van die jaar en Groep van die jaar.

Hulle het ook al gesig gewys op televisie progamme soos Jou Show met Emo, Bravo, Die Groot Ontbyt, Flits, Pasella en op die glansblaaie van Rooi Rose gekuier.

Die drie lede, Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) is terug met ’n nuwe enkelsnit getiteld, Bly, waarvan die musiekvideo reeds op verskeie televisie kanale gesien kan word.

Nagligte se debuutalbum, Hoop in die Donker, is gedurende die tweede helfte van 2015 uitgereik en het onmiddellik aandag getrek.

Die eerste enkelsnit, Dit Stop Nou, was ’n kitstreffer en het vir weke lank bo-aan die trefferparades van bekende radiostasies gepryk. Ander treffers op die album sluit in Ongeloof(lik), Skyn, Veg en Skree, Vir Nou, Kons

image-.jpg
0

Die begaafde pianis Rocco de Villiers betower met nuwe popalbum!

Die bekroonde en uiters begaafde pianis, Rocco de Villiers, is terug met ’n splinternuwe popalbum, wat nie net vir die eerste keer spog met ’n Afrikaanse titel nie, maar ook beloof om luisteraars se voete na die dansvloer te lok.

kortbroek, langkouse is die musikant se veertiende instrumentale album en bou voort op die unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het. Die nuwe vrystelling spog met tien splinternuwe oorspronklike werke, uit sy eie pen, asook vier van sy gewildste treffers vanaf vorige albums, wat Kla 2 Kla 3 Kla 4, Anna Aeroplane, Roccobilly en Escape from the Ordinary Life (die temamusiek van RSG se weeklikse kunsprogram op Dinsdagaande) insluit. Die titelsnit van die album kan ook reeds op radiostasies landswyd gehoor word en ’n musiekvideo word eersdaags bekendgestel!

Met titels soos Goeie Gevoel, Vanaand Kan Ek Dans, Reën Kan Jy Nie Koop Nie en Nooit Te Laat (om lief te hê), is di

image-.jpg
0

Marcato sing van die liefde vir die natuur in nuwe snit ‘Staan Net By My’

Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.

Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede.

Volgens Ben gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas en lê hom na aan die hart omdat hy op ’n plaas groot geword het. “Ek kom van die plaas af, so dit gaan maar net oor die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en dink,” vertel hy. “En natuurlik ook om iemand saam met jou plaas toe te vat om die natuur en stilte met iemand na aan jou te deel.”

Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse

image-.jpg
0

Nuwe pop-enkelsnit en video bekend gemaak van Xander Joubert en dit veroorsaak ’n opskudding!

Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing, is beslis nie iets wat jy wil mis nie.

Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. Aardbewing is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Die hele doel van popmusiek is eenvoud… met ander woorde – min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief i

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo vry gestel deur André Schwartz:- ‘Tweede Kans’

Die musiekvideo van André Schwartz se nuwe enkelsnit, Tweede Kans, is pas uitgereik en is besig om soos ’n veldbrand versprei.

“Ons het die video by Atlantic Studios (waar kykNET-programme, soos Suidooster en Tussen Ons, ook opgeneem word) in Kaapstad verfilm. Homebrew Films het dié projek vervaardig en beeldmateriaal van André se grootste hoogtepunte is uit die argiewe versamel en ingesluit in die eindprojek,” verklap Leo Smit, die uitvoerende vervaardiger van die sanger se nuutste album. “Die video self, het tien ure geneem om te verfilm en die opname is die dag nadat André klaar gemaak het met die Kaapse speelvlak van The Sound of Music.”

Die konsep agter hierdie meesterstuk was ’n spanpoging deur Leo en André en die inspirasie daarvoor het gekom toe hulle na ou foto’s gekyk het wat dié musieklegende onlangs opgespoor het uit sy jonger dae. Die idee daaragter, is om te reflekteer en te projekteer en half nostalgies terug te kyk n

image-.jpg
0

‘N roerende weergawe van Koos du Plessis-treffer word vry gestel deur Wynand Strydom

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.

Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree.

Sy splinternuwe album, Skielik Is Jy Vry, is ’n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op 13 Julie 2018 uitgereik.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Gebed, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ’n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en Gebed is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat op pad is.

Die hele album sal bestaan

image-.jpg
0

Gehoor van Anton Botha, nog nie of dalk het jy, hier is ‘n bietjie meer inligting oor hom

Met die SAMA-genomineerde Anton Botha aan die stuur van sake is enige optrede onvergeetlik en sal dit almal na aan die hart lê.

Nuutste Oorspronklike Album: Alles Of Niks

Anton Botha se splinternuwe album, Alles of Niks, wat in 2012 vrygestel is bestaan uit 15 liedjies vanuit Anton se eie pen. Hy was ook betrokke by die produksie van die album. Die lirieke sal met jou hart praat en die ritme sal sorg dat jou voete nie kan stil sit nie. Die liedjie Love Jou Baie het Anton spesiaal vir sy dogtertjie geskryf. Hy het besluit om ‘n video te maak van die liedjie “Engeltjie” waarin Zetske van Pletzen teenoor hom speel. Sy tweede video, “Naby My”, is ook onlangs opgeneem. Beide word gereeld op televisie gespeel. Die verspreiding van die album word deur Select Musiek Distribusie behartig en is beskikbaar by die meeste toonaangewende musiekwinkels en is nou ook beskikbaar vir digitale “download” op ITunes.

Nuutste Album/ Produksie: Born to