image-.jpg
0

Omroeper en sanger, Martin Bester reik nuwe musiekvideo uit

Martin Bester het geen bekendstelling nodig nie. Van ’n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester tot ’n volwaardige musikant in murg en been.

Die musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Ek Het Geweet, is pas vrygestel en is ’n ware spieëlbeeld van wie Martin is.

Ek Het Geweet is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans, met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing.

“Die video is in die middestad van Pretoria geskiet. Die video is eerlik, onopgesmik, rou en energiek. Die sentrale tema is die weerspieling van my lewendige optredes wat ongelooflik belangrik en deel van my is.

Dit is vir my belangrik dat die video nie te ‘skoon’ was nie, want die liedjie gaan oor emosies en ons wou daardie gevoel vasvang en oordra. Ons het ’n baie groot drone gebruik om als vas te vang – mens kry die gevoel dat daar wel hartseer is ja, maar d

image-.jpg
0

Martin Bester wil ‘sonder toestemming’ wees wie hy is!

Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras dié veeslydige vermaaklikheidster en bekroonde radio-omroeper jou met iets nuut en opwindend om jou dag te maak!

Sy splinternuwe enkelsnit, Vir Die Liefde, is nie net so ’n aangename verrassing nie, maar beloof ook om baie vinnig ’n gunsteling te word op luisteraars se musiekspeellysies en op treffersparades regoor die land.

Hierdie polsende popliedjie, uit die pen van Martin, Dolf Willemse en Ewald Janse Van Rensburg, het ’n baie kragtige en inspirerende boodskap waarby oud en jonk sal aanklank vind. “Dis ’n baie persoonlike liedjie. Ek het oor die afgelope jaar weereens besef dat ’n mens partykeer ’n lyn in die sand moet trek.

Nie almal gaan v