image-.jpg
0

Marcato sing van die liefde vir die natuur in nuwe snit ‘Staan Net By My’

Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.

Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede.

Volgens Ben gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas en lê hom na aan die hart omdat hy op ’n plaas groot geword het. “Ek kom van die plaas af, so dit gaan maar net oor die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en dink,” vertel hy. “En natuurlik ook om iemand saam met jou plaas toe te vat om die natuur en stilte met iemand na aan jou te deel.”

Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse

image-.jpg
0

Marcato se tweede album, “Vrede vir almal” is hier

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras. ’n Uiteenlopende verskeidenheid van temas soos identiteit, vriendskap, verhoudings, geldgierigheid, misdaad, oorlog, droogte en besoedeling word op dié album aangespreek deur ’n alomteenwoordige derdepersoonsverteller wat op al tien die snitte aan die woord is. Dit volg na die sukses wat Marcato aanvanklik as ’n drieledige groep oor die afgelope tien jaar reeds met hul debuutalbum, When his whistle blows bereik het.

Die titelsnit, Vrede vir almal… beklemtoon dat mense ten spyte van al die lewe se uitdagings slegs vrede sal kan vind deur hoop uit die verlede vir die hede sowel as die toekoms te put.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Silhoeëtte beskryf algehele verlatenheid waartydens mense met die foute van hul verlede gekonfront