image-.jpg
0

Lizandra Winter is besig met groot dinge

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie.

Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so baie dat ek toelaat dat ‘môre’ die skoonheid van vandag steel. Ek het die lied geskryf om myself te herinner dat die tyd soms moet stilstaan, en ek myself moet verloor in die oomblik.

Ook dat geld nie geluk kan koop nie. Die lied het ’n goedvoel-verwerking waarby die meeste luisteraars sal aanklank vind,” vertel sy opgewonde. “In vandag se tyd is dit die norm dat, terwyl jy b

0

Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën snoer kragte saam

Lizandra Winter en die alombekende Joshua na die Reën kom al ’n lang pad. Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree. Hulle het ’n hegte vriendskap en hulle stemme komplementeer mekaar op ’n merkwaardige wyse. Dié twee talentvolle sangers, wat ook ongelooflike musikante is, het kragte saamgesnoer en reik nou ’n hoendervleismooi weergawe van die Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, uit. “Terwyl ek in 2015 op toer was saam met Jacques, het ons gesels oor legendes in die musiekbedryf en oor hoeveel kosbare liedjies deel vorm van die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Ek wil vir jou was onder andere een van my gunstelinge en ek het genoem dat ek dit graag eendag sou wou opneem. Toe ek in 2016 besig was om aan my solo-album te werk, het ek vir Jacques gesê dat ek graag die lied as ’n duet saam met hom wil opneem. Hy was baie opgewonde oor die idee!” vertel Lizandra opgewonde.
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 5 Februarie 2018

Ons het ‘n nuwe liedjie van Steve Hofmeyr wat ons Top 20 betree genaamd “Ek is”, dit is op nommer 17. Die liedjie kom uit sy album Skree wat verlede jaar bekendgestel is. Hier is vir jou ‘n brokkie nuus van Lizandra Winter, jy mag haar dalk nie ken nie. Sy was voorheen ‘n agtergrondsanger […]