image-.jpg
0

Kom ons onthou van die Legendes van Afrikaanse Musiek: Só word Lucas onthou

Hier is ’n hele paar dinge wat jy dalk nie van Lucas Maree geweet het nie.

Legendes van Afrikaanse Musiek fokus vandeesweek op die legendariese sanger en liedjieskrywer Lucas Maree. Lucas het in 2011 ’n jarelange stryd teen kanker verloor, maar word vandag nog onthou vir die liefde wat hy vir ander gewys het.

Sy vrou, Ilse, en twee van sy drie dogters onthou die legende só:

Lucas se vrou, Ilse
* Hy het “handyman”-werkies verpes en eerder gesê “bel iemand”, veral vir ’n verstopte dreinpyp.
* Hy was mal daaroor om skoon te wees en lekker te ruik, en het Clicks se rakke leeg gekoop as daar ’n lekkerruikgoed-uitverkoping was.
* Hy kon nie by ’n jas-, tas-, boek- of CD-winkel verbystap nie. Hy het nie daarvan gehou om saam te gaan inkopies doen nie, tensy daar ’n boekwinkel was (dan kon ons gaan shop en hom later by die boekwinkel kry).
* Hy was mal oor “ro

image-.jpg
0

Legendes van Afrikaanse Musiek: Hulde aan ’n goue oue: Gé Korsten

Gé Korsten-aanhangers sal verheug wees om te hoor dat Legendes van Afrikaanse Musiek afskop met die kollig op dié legendariese musiekswaargewig.

Hier is tien dinge wat jy dalk nie van Gé geweet het nie.

1) Hy is in Schiedam, Nederland, gebore.
2) Die eerste keer wat hy gesig gewys het op ’n verhoog was in die operette Lilac Time.
3) Hy is 1952 met Elna Burger getroud en daar is vyf kinders uit die huwelik gebore.
4) Gé se seun, Gérard Korsten, aardjie na sy vaartjie – dié is ’n internasionale violis en dirigent.
5) Wie sou kon raai dat Gé ’n opgeleide elektrisiën is.
6) Gé is die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat meer as ’n miljoen plate verkoop het.
7) Sy grootste treffer en óók sy deurbraak in ligte musiek het gekom met die fliek, Hoor my Lied.
8) Gé het sy filmdebuut in die rolprent Kruger Miljoene gemaak.
9) In 1969 het hy ’n Europese Midem-toekenning ontvang as een va