musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir die week van 16 Oktober 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. Die Afrikaanse sangers Leah en Jo Black se liedjie “Nooit alleen” betree die week se Top 20 in die tiende plek. Manie Jackson betree die Top 20 die week, wie weet wat met sy treffer gaan gebeur. Kyk ek moet sê dat elke […]
0

Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’

Dalk het hy al vir ’n geruime tydjie soos ’n akteur begin voel as mens in ag neem die musiekvideo van sy treffer, Skepe, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk. Maar nou het Jo Black en sy baard die grootskerm betree met die aankondiging dat hy sy opwagting gaan maak in die rolprent Susters. Jo sluit aan by ’n sterk rolverdeling wat Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle insluit. Dié verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.
image-.jpg
0

Het jy geweet Leah het goue status bereik?

Ná al die hoogtepunte van 2016, kan Leah sommer vroeg in 2017 nog een op die kerfstok plaas. Na ’n Ghoema, drie Huisgenoot Tempo-toekennings en die heruitreiking van haar Wonderwerk CD in Deluxe formaat, kom die nuus dat verkope van die einste album die 15 000 kerf verbygesteek het. Dis reg, goue status vir Leah se Wonderwerk Deluxe-album!

Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kan word, en wat aan Leah al die toekennings besorg het, bevat die Deluxe-album treffers soos Volmaan, en ’n nuwe weergawe van Meer As Niks.

En met ’n nuwe weergawe van Met Jou Klere Aan, beantwoord Leah ook daardie tergende vraag wat bewonderaars nou al ’n rukkie aan die raai het: “Wat is die lekkerste ding om te doen met jou klere aan?” Vir die antwoord, sal jy maar die Wonderwerk Deluxe-album moet aanskaf.

Een van die vier nuwe liedjies op die album, C’est La Vie, is ook die volgende liedjie wat aan radiostasies gestuur sal word en behoort