image-.jpg
0

Koos du Plessis was ‘n wonderlike sanger en ‘n man met baie talente, hier is ‘n Bio oor hom

Koos du Plessis (geb. Rustenburg, 10 Mei 1945 – oorl. Krugersdorp, 14 Januarie 1984) was ‘n Suid-Afrikaanse musikant wat toonaangewend was in die Afrikaanse musiek-en-liriekbeweging van die 1970’s en ’80’s.

Hoewel hy kommersieel nie baie suksesvol was as uitvoerende kunstenaar nie, het die albums wat hy in sy leeftyd uitgereik het, ‘n nuwe rigting in Afrikaanse musiek ingelui en word dit vandag as van die invloedrykstes in die taal se musiekgeskiedenis beskou. Tientalle verwerkings van sy komposisies is sedertdien deur verskeie ander Afrikaanse kunstenaars opgeneem en ‘n hele paar het huldeblyk-albums aan hom opgeneem.

Du Plessis is op 14 Januarie 1984 in ‘n motorongeluk op die ou Krugersdorppad in Knoppieslaagte oorlede, nadat sy Volkswagen Kewer op ’n laagwaterbrug in Knoppieslaagte naby Centurion die pad byster raak terwyl hy ná middernag op pad is na Nick Taylor, sy musiekregisseur.

Slegs drie

image-.jpg
0

Die sanger Karla du Plessis is ‘n stil dame, maar hier is ietsie oor haar

Karla du Plessis is die jongste dogter van die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Koos du Plessis.

Koos du Plessis het die lied Karla oor haar gesing. Sy is nou self een van die bekendste sangeresse en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf.

Op haar eerste twee albums sing sy liedjies van haar vader. Op die album “Woordeloos” sing sy saam met haar vader “As jy my kon volg” waar die stemme digitaal saamgestel is.

Saam met Theuns Jordaan sing sy die lied “Wie weet” wat die temalied van die TV program Jopie Adam was.

Vir haar derde album “Steeds op vrye voet” is sy bekroon as die beste album deur ‘n sangeres.

Loer hier onder na een van haar musiekvideo’s:- Theuns Jordaan & Karla du Plessis – Wie weet

image-.jpg
0

‘N roerende weergawe van Koos du Plessis-treffer word vry gestel deur Wynand Strydom

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.

Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree.

Sy splinternuwe album, Skielik Is Jy Vry, is ’n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op 13 Julie 2018 uitgereik.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Gebed, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ’n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en Gebed is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat op pad is.

Die hele album sal bestaan