Edith Benson-kinderhuis in brand verwoes
ʼn Verwoestende brand het Dinsdagaand by die Edith Benson-kinderhuis in Durban uitgebreek. Paramedici en die brandweer is omstreeks 20:00 na die kinderhuis in Garbuttweg in Sherwood ontbied waar hulle die huis in ligte laaie aangetref het.



