AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld
0
02:17

AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld

AfriForum en die burgerregte-organisasie se jeugvleuel is gister gedreig tydens die oprig van hul anti-Zuma monument in Groot Marico in Noordwes. Die burgerregte-organisasie het ʼn banier en hok opgerig met 783 moere vir elke korrupsieklag teen pres. Jacob Zuma. Dié optrede kom nadat die provinsiale regering in Noordwes onlangs met bouwerk aan ’n monument vir Zuma begin het wat sowat R1,7 miljoen gaan kos. Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug is kort nadat hulle die simboliese monument aanmekaar gesit het deur omstanders gedreig dat hulle aangerand en hul toerusting gebreek sal word. Die plakkate en banier is daarna verbrand.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:37

AfriForum reik uit na Nkandla-gemeenskap – Forum Nuus

AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry. Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is. Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.
Opposisie verenig teen Zuma
0
01:33

Opposisie verenig teen Zuma

Duisende mense het Woensdag 12 April vanaf Kerkplein na die Uniegebou opgeruk en geëis dat pres. Jacob Zuma moet bedank.