Forum Nuus: Internskap 2019
0
01:17

Forum Nuus: Internskap 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het vandeesweek amptelik afgeskop. Ses jongmense neem vanjaar aan dié program, wat sedert 2014 deur AfriForum aangebied word, deel. Volgens Marike van As, opleidingsbeampte van AfriForum Jeug, het die internskap ten doel om ʼn verrykende ervaring te wees wat studente blootstel aan die verskillende bedrywighede van dié burgerregte-organisasie. Tydens die internskapprogram sal interns onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit-beweging se strukture werk, die geleentheid kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.
AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak
0
02:32

AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn internskapprogram vir studente van verskeie AfriForum Jeugtakke aangebied. Dié program het 14 studente van verskillende universiteite die geleentheid gegee om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregte-organisasie blootgestel te word. Die program is vir die eerste keer in 2014 aangebied en tydens vanjaar se internskap het studente die geleentheid gehad om onder meer vullisterreinoudits te doen, erfenisgebiede te besoek, ʼn anti-Zuma monument op te rig en ʼn takstigting by te woon.