image-.jpg
0

Hugo Nieuwoudt het ’n nuwe ‘Toekomsbladsy’

Die sanger Hugo Nieuwoudt, het pas sy splinternuwe enkelsnit Toekomsbladsy vanaf sy nuwe album Net Soos Die Sneeu, vrygestel. Die snit beloof ook om ’n nuwe bladsy vir sy toekoms te wees…

Toekomsbladsy, ’n Afrikaanse popliedjie, is ’n tipiese liefdesliedjie wat die storie vertel van hoe die seer in enige verhouding uitgevee word, en ’n nuwe skoon bladsy wag omgevul te word. Dit gaan oor die hoop ná die seer.

Die bekende liedjieskrywer en musikant, Johan Brits het die enkelsnit geskryf. Johan is bekend vir verskeie treffers en sien baie uit na Hugo se sukses. Werner Beukes het die vervaardiging behartig en gesorg vir dié kwaliteit produksie. “Die liedjie gaan oor die persoon wat vra dat jy haar in jou vertroue sal neem, en al die seer van die verlede uitvee – om deur alles jou hand in hare te sit en saam die toekoms aanpak,” vertel Hugo.

Volgens Hugo wil hy nes sy vorige snit Ek Wil Lewe Vir Môre, ’n positiewe boodskap oordra

image-.jpg
0

Treffende nuwe snit uit deur Hugo Nieuwoudt

“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…” weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.

“Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie,” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.

Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreesli