Betogers, ouer betrokke in skermutseling by skool
Een van die ouers van ʼn leerling van Hoërskool Overvaal is Woensdagoggend tydens ‘n betoging voor die skool deur ʼn betoger geskop. Die betoging hou verband met ʼn hofuitspraak vroeër die week dat die Gautengse departement van onderwys nie die skool kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie.



