image-.jpg
0

DZL se nuwe album sonder tierlantyntjies is hier

Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die

image-.jpg
0

Geraldine se tweede snit is een om nie te ‘mis’ nie

Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie. Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van die bekroonde skrywer Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landwyd gepryk.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna sewe weke op die kykNET Top 20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar.

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid. Geraldine se musiek is baie eerlik en sy deel graag haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.

Haar splinternuwe enkelsnit, Mis, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week op radiostasies la