Een van die ouers van ʼn leerling van Hoërskool Overvaal is Woensdagoggend tydens ‘n betoging voor die skool deur ʼn betoger geskop. Die betoging hou verband met ʼn hofuitspraak vroeër die week dat die Gautengse departement van onderwys nie die skool kan dwing om 55 Engelssprekende leerders by die skool in te neem nie.
Die burgerregte-organisasie AfriForum se veldtog teen boelies het vandeesweek afgeskop by Laerskool Roodekrans in Roodepoort, Gauteng.
Dié projek dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met kinders, onderwysers sowel as ouers in.
Dit is belangrik vir AfriForum, die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en AfriForum Trauma om saam met kinders en ouers te werk om ʼn verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.