Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord
0
02:19

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord

AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
0
04:55

AfriForum stig teenrassisme-eenheid

’n Nuutgestigte eenheid teen rassisme en haatspraak is vandeesweek tydens ’n konferensie in Centurion amptelik deur AfriForum van stapel gestuur. Verskeie rolspelers, wat hulle as raadgewers tot hierdie eenheid verbind het, het as sprekers by die konferensie opgetree en verskillende aspekte van wat die die eenheid beoog om te bereik, uitgelig.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit
0
02:10

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit

AfriForum se Nelspruit-tak het reeds moue opgerol en gewoeker tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Verder het die Nelspruit-tak, in samewerking met verskeie plaaslike besighede, ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia-leersentrum vir spesiale onderrigbehoeftes gehou. Dié skool ontvang geen subsidiëring van die regering nie en is afhanklik van hul beperkte skoolfondse en die hulp organisasies soos AfriForum en die plaaslike gemeenskap om aan te hou groei. Die buurtwagte in Nelspruit en Witrivier, asook die Nelspruit Concerned Citizens-inisiatief, het ook ’n gesamentlike buurtwagpatrollie gehou. Verder het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het sy Quo Vadis-gespreksreeks in dié dorp aangebied, waar die kernfokus op die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys was. Verskeie selfdoenaksies lê steeds voor. Volg AfriForum Nelspruit se Facebook-groep om op hoogte te bly van AfriForum se #AnkerdorpPadskou: https://www.facebook.com/groups/afriforumnelspruit/
Forum Nuus: Quo Vadis
0
01:15

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou in Tzaneen

Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.