Rina Venter in gesprek met Flip Buys
0
30:13

Rina Venter in gesprek met Flip Buys

Dr. Rina Venter het met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesels oor haar outobiografie, die geskiedenis en wat gedoen kan word om nie die foute van die verlede te herhaal nie. Lees die storie en boekresensie op Maroela Media: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/video-rina-venter-in-gesprek-met-flip-buys/
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:57

Afrikaanse studente debatteer óók nou op hul voete – Forum Nuus

Die Universiteit van Pretoria se Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek geseëvier tydens vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria aangebied is. Sowat 12 debatspanne van agt tersiêre instellings het vanjaar deelgeneem. Dit is die eerste keer dat Dink of Sink of universiteitsvlak aangebied is en ʼn bewys van die enorme behoefte wat daar bestaan om Afrikaanssprekendes toe te rus om in Afrikaans in debat te kan tree.