Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou
0
01:21

Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen. AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:03

Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.