Verslaggewers Sonder Grense (RSF) Beskuldig EFF & ANC-bewind vir Verhoogde Sensuur en Outoritarisme!
0
04:57

Verslaggewers Sonder Grense (RSF) Beskuldig EFF & ANC-bewind vir Verhoogde Sensuur en Outoritarisme!

Onthou om te “Like”, aan te teken, en die klok te kliek om notifikasies van nuwe berigte te ontvang. Dankie vir U ondersteuning. Verslaggewers Sonder Grense (RSF) Beskuldig EFF- en ANC-bewind vir Verhoogde Sensuur en Outoritarisme Tydens Covid19-pandemie! Verslaggewers Sonder Grense (RSF) het hul jaarverslag oor persvryheid bekend gemaak, en verklaar ‘n “dramatiese agteruitgang” in […]
Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding
0
01:03

Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding

Die parlement se grondwetlike hersieningskomitee het vanoggend die verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word om uitdruklik voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding, aanvaar. Na afloop van die vergadering het lede van die EFF gedans en gesing om die aanvaarding van die verslag te vier. (Video: EFF)
Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
0
02:02

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits

’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits. Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset. Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.