Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer
0
03:08

Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag gereageer op die Nelson Mandela-stigting (NMS) se voorneme om Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by die organisasie, te vervolg ná die vlaguitspraak vroeër vandeesweek in die gelykheidshof. Die hof het bevind die vertoon van die ou landsvlag kom op haatspraak neer. Roets het ná die uitspraak in ’n akademiese konteks ’n foto van die ou vlag op Twitter geplaas met ’n vraag: Het ek nou net haatspraak gepleeg? Roets is tans besig met sy doktorsgraad in regte. Kriel sê die NMS is oneerlik en speel tans ’n polariserende rol in die land. Dit doen ook afbreek aan die beeld van oudpres. Nelson Mandela as versoener.