Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord
0
02:19

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord

AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
Forum Nuus: #OnsVervolg Thandi Modise
0
01:24

Forum Nuus: #OnsVervolg Thandi Modise

Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, het vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling. Die saak is uitgestel tot 30 Oktober vir voorverhoor-beraadslaging tussen haar regspan en AfriForum, wat Modise privaat vervolg namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV). ’n Verhoordatum sal na verwagting dan bepaal word. “AfriForum se privaatvervolgingseenheid is juis gestig om in sake soos dié van Modise, waar die NVG oënskynlik om politieke redes sy plig versuim, toe te tree en privaat te vervolg om geregtigheid te help verseker,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.