image-.jpg
0

Cordelia en Pieter Koen het sobietjie kragte saam gesnoer

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.

“Spel van Liefde gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alle

image-.jpg
0

Daar is ‘n nuwe snit uit van Cordelia en dit is ‘n ‘kragtige boodskap’

Cordelia se splinternuwe enkelsnit, Wees Lief is een waar sy die siel agter haar sang in pragtige eenvoud blootlê – ’n diepgaande boodskap in ’n aangrypende mooi musikale pakkie versier!

Die hart van hierdie snit is iets wat al ’n geruime tyd binne Cordelia klop: “Ek wil nog altyd meer as net sing en optree. Ek wil ’n verskil maak”, sê sy. “Die tipe verskil wat mense inspireer om hoop en liefde in alle omstandighede te kies en te lééf.”

Die snit groei van aanvanklik akoestiese snaarklanke en stem, tot die byvoeging van ’n sterk bas- en simfonielyn, tot vol harmonieë en orkes met trom en selfs techno-elemente.

Nes die musiekvideo ten toon stel, werp dit ’n blik op die verskillende nuanses van liefde – van vriendskap, gesins- en familie liefde tot die onbreekbare band van jarelange, Godgegewe liefde tussen man en vrou.

Dit sing van ’n liefde wat verstaan, bly staan, saam staan deur alles, ander opbeur en red u

musiek – top 20 logo
0

Die Top 20 Afrikaanse Musiek en Kunstenare Lys

Die Top 20 Afrikaanse Musiek Snitte:- Die musiek groep Anders en Hemelbesem neem vandeesweek die eerste posisie in met “Die tyd is nou” 1. Anders ft Hemelbesem – “Die tyd is nou” 2. Leah – “Jou liefde” 3. Karlien van Jaarsveld – “Sing vir liefde” 4. Riana Nel – “Jy sal weet” 5. Appel – […]