image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit/musiekvideo uit van Chanell van den Bergh

Ná die suksesvolle uitreiking van Chanell van den Bergh se enkelsnit, Twee Tree, is die blondekop sangeres terug met ’n nuwe enkelsnit, wat Oorlog heet.

Oorlog, wat deur Chanell self geskryf is, is ’n pop/country/rock liedjie wat handel oor ’n innerlike geveg wat uiteindelik tot die einde van ’n verhouding kan lei. “Ek het Oorlog al ’n jaar terug geskryf, en ek voel musiek moet ’n mens ’n gevoel kan gee en mense deur moeilike tye dra,” sê sy.

Chanell hoop dat haar gehoor met die liedjie kan vereenselwig, en sê: “Ek dink ons almal was al in so ’n verhouding waar jy baklei teen liefde.” Volgens die sangeres het musiek haar altyd deur moeilike tye gedra, en sy hoop dat haar musiek iemand anders weer deur soortgelyke tye kan dra.

Die musiekvideo vir die snit is ook deur Chanell self finansier. “Ons het geen begroting gehad, maar ek was super blessed deur ongelooflike vriende te kan hê, wat kamera toerusting gehad het wa

image-.jpg
0

Sangeres Chanell van den Bergh is ‘twee tree’ nader aan haar droom

Chanell van den Bergh het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Twee Tree vrygestel.
Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back – die gevoel in ’n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát.

Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ’n paar minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer sal wil dans wanneer hul dit hoor.”

Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die Noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ’n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself in plek geval het.

“Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit,” vertel sy.

Chanell is intussen ook besig met haar