image-.jpg
0

Hanna Boss en Burgerd Botha maak wonderlike musiek saam

Hanna Boss se debuut-album, Verf Jouself, is gedurende Februarie 2018 uitgereik en die eerste twee enkelsnitte vanaf dié moderne Afrikaanse Popalbum, Verf Jouself en Mekaar Bedoel (met Burgerd Botha), pryk sedertdien op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Nou stel Hanna haar derde enkelsnit vanaf hierdie treffende album bekend. Dis Nou Verby het onlangs radiostasies landwyd oorrompel, en gaan verseker in die voetspore van haar vorige treffers volg.

“Ek het hierdie liedjie geskryf terwyl ek werklik gesukkel het in ’n sekere seisoen van my lewe om aan te beweeg. Deels met die hoop dat die seisoen weer vernuwe sal word. Maar, soos ek ook moes leer dat jy nooit reëndruppels terug kan gooi in die wolke nie, moes ek aanvaar dat die seisoen verby was en ek kon niks van die tyd terugdraai nie.

SA Radio

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit van Burgerd Botha – Die Sterre

Burgerd Botha het pas sy debuut solo-album, Hartlagsiel, vrygestel en dit slaan reeds aanhangers se asems weg!

Die Sterre, die nuutste enkelsnitvrystelling wat onlangs uitgereik is, is deur Stephantasties geskryf en vervaardig en het ’n treffende akoesties elektroniese aanslag. “Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.

LEES OOK: Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Die musiekvideo vir hierdie pragtige liedjie word nou uitgereik en gaan gepaard met asemrowende visuele elemente en beligting. Die video is vervaardig deur Christiaan Wolf by Brickwolf Creative Studios en dit het hulle nege ure geneem om die video te skiet.

Burgerd en Christiaan het die konsep vir die video saam ontwi

image-.jpg
0

Sangeres Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam!

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek.

Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisiekanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie a

image-.jpg
0

Die sanger Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Burgerd Botha het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy sielvolle stem, was nie net vir sewe jaar betrokke by die bekroonde groep Romanz nie, maar tree ook gereeld op by van die land se grootste feeste en konserte. Sy langverwagte debuut solo-album is pas vrygestel en beloof om aanhangers se asems weg te slaan.

Hartlagsiel is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke, wat luisteraars sal uitnooi om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde.

“My CD is een wat ’n mens aanspoor om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ongeag vir die feit dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie. Die Here verwag van jou om Hom te bly vertrou, aan te hou en die wenstreep in die oog te hou,” verduidelik die sanger.

“Ek wou graag die album so saamstel dat elke lied as ’n enkelsnit op sy eie staan en uitgegee k