image-.jpg
0

Eerste enkelsnit bekend gemaak deur Leon Gropp

Die bekroonde kitaarspeler, Leon Gropp, se eerste solo-enkelsnit word hierdie week vrygestel. Bakenlig beloof nie net om luisteraars se hartsnare te prikkel en vir hulle ’n hele nuwe kant van hom te wys nie, maar ook om vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger, te vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

“Bakenlig gaan oor die terugkeer na dit wat jou in die lewe anker. Dit kan in verskillende kontekste toegepas word, maar die idee is in hierdie geval meer ’n fisiese plek wat vir jou waarde dra. Ons almal het egter emosionele en geestelike ‘bakenligte’ ook,” vertel Leon oor hierdie alternatiewe snit wat sy sangtalent aan die land gaan bekendstel.

“Ek en Jattie de Beer het saam geskryf aan die lied. Ons verlede (geskiedenis) kom met ’n bepaalde konteks en dit vorm tot ’n groot mate ons denkwyse en -patrone. So om terug te keer na daai plek, daai anker, daai ‘bakenlig’ (hetsy fisies of geestelik) is belangrik om

image-.jpg
0

Ietsie oor Arno Carstens en sy eerste Afrikaanse solo-album

Arno Carstens is reeds vir meer as twee dekades ’n huishoudelike naam in die musiekbedryf – vir al bekend as die voorsanger van die supergroep Springbok Nude Girls. Maar nou wys dié sanger sy staal met sy eerste Afrikaanse solo-album.

Die Aanblom 13 is ’n uiters persoonlike album soos blyk uit titel van dié album. Wat baie opvalend is, is dat die album aan sy pa, Jos Carstens, wat 13 Maart 1933 gebore is, opgedra is. Bo en behalwe dít, bevat die album ook 13 snitte met die inhoud wat handel oor uitdagings, persepsies, hoop, liefde en verandering.

Die album bevat ’n sterk alternatiewe aanslag. Snitte soos Siele Loop Sielloos, Bottel Sonder Prop en Ontwaak getuig van ’n album wat nie net sommer aanmekaar gesit is nie, maar sorgvuldig uit woord en melodie verweef is.

Slim lirieke en poëtiese boodskappe met sterk melodieë sorg vir ’n unieke album vir die fynproewer. Snitte soos Bonatuurlik, Die Aanblom, Spook en Fantasie is ’n spi

image-.jpg
0

Johan Anker van The Voice SA het ‘n debuutalbum

Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is. Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is.

Dié opwindende nuweling wat reeds vanaf 9-jarige ouderdom sing, was nie net ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor nie, maar is ook ’n begaafde akteur wat al in verskeie verhoogproduksies te sien was.

Hoop & Bid verteenwoordig ’n weldeurdagte kombinasie van ligte, klassieke en geestelike musiek om ’n deurlopende inspirerende boodskap van hoop aan sy luisteraars te bied. Dié mengsel van roerende lirieke sowel as ritmiese melodieë beloof om nie net in luisteraars se gedagtes vas te steek nie, maar om hulle ook te laat nadink en om vir hul nuwe hoop te gee.

image-.jpg
0

Len Muller se tweede album is vrygestel, ‘Oog van die storm’

Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon. Sy unieke en byna uitdagende liriekgedrewe aanslag wat as Afrikaans-akoesties bestempel kan word, spreek van ’n onopgesmukte eerlikheid waarby die meeste luisteraars ongetwyfeld aanklank sal kan vind. Dié persoonlike album volg op die sukses van sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, waarvan die enkelsnit, Smag Na Jou, op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik is.

Die moderne omslag ontwerp deur Ivann Pieterse van Fathom Media waarop Len in teenstelling tot die wasige agtergrond in fokus staan, is die bewys dat hy inderdaad in staat was om te kon uitstyg bo die storm waarin hy homself op dié album bevind. Alhoewel die meeste liedjies op die album oudergewoonte deur Len self geskryf is, het hy drie daarvan ook saam met sy vrou, Chanél Muller geskryf. Die ander mede-skrywer

image-.jpg
0

Lizandra Winter is besig met groot dinge

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie.

Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so baie dat ek toelaat dat ‘môre’ die skoonheid van vandag steel. Ek het die lied geskryf om myself te herinner dat die tyd soms moet stilstaan, en ek myself moet verloor in die oomblik.

Ook dat geld nie geluk kan koop nie. Die lied het ’n goedvoel-verwerking waarby die meeste luisteraars sal aanklank vind,” vertel sy opgewonde. “In vandag se tyd is dit die norm dat, terwyl jy b

image-.jpg
0

Nuwe album uit van dié rebelseun Jan Blohm

Die sanger Jan Blohm se jongste vrystelling, Die Liefde Album, is pas na ses jaar uitgereik. Die Liefde Album is nie gevul met heuning-lirieke wat drup nie, maar eerder rou, eerlike waarheid wat nét Jan kan vasmessel in ’n album gevul blues, rock en poëtry.

Dié rebelseun wat ons leer ken het, is nou ouer en meer volwasse. ’n Jan wat glo dat in die tye waarin ons tans leef, liefde al is wat die wêreld nou nodig het. Dít kan jy hoor in sy lirieke, sy passie in die stiltes tussen woorde, terwyl sy eerlike, rou akoestiese melodië jou hartsnare pluk net soos die sterk kitaargedrewe liefde-album homself.

Jan glo nie aan tweedehandse liefde nie en glo liefde is ’n doen-ding, nie ’n sê-ding. Juis waaroor hy ook respektiewelik hierdie album opgeneem het waar die musikante gelyktydig gespeel het tydens die opnames, en hy glo dit die hartklop van die album gaan wees. Eerlik en rou, nés die liefde!

Aan die stuur van hierdie produksie is Joh

image-.jpg
0

Riana Nel se derde Afrikaanse album is uit

Riana Nel se derde Afrikaanse album, “Jy sal weet” wat vroeër vandeesmaand bekend gestel is, verstom weereens met meesleurende melodieë en betekenisvolle lirieke wat beslis menige hartsnare gaan roer. Dit volg kort op die ongekende sukses van haar vorige Afrikaanse albums, “Die Moeite Werd” waarmee sy in 2011 die mark betree het en “Die Regte Tyd” wat in 2015 as die topverkoper album van die jaar by die gesogte SAMA-toekennings aangewys is. Sy het egter reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom met haar Gospel albums, “Oopmond”, “The Cure” en “Someone with skin” binne die internasionale mark bekendheid verwerf.

Dié boorling van Namibië wat self vir die skryf van byna al die liedjies op hierdie album verantwoordelik was, het deur die jare heen vir haar persoonlike, byna introspektiewe skryfstyl bekend geword. “Jy sal weet” waaraan sy twee jaar lank geskaaf het, is beslis geen uitsondering nie, want sy is intussen getroud en het ook on

image-.jpg
0

Van Polisieman tot Sanger:- Desmond Wells

Twaalf jaar terug het my kollegas vir my gesê: “Wat? Gaan jy die polisie los! Wat van jou medies en jou pensioen?”

Só skryf ’n dankbare Desmond Wells op sy Facebook-blad, wie se paadjie vol kronkels was vóór hy die vrugte van geluk kon pluk. Desmond het gewerk op die Cape Flats, soos hulle dit in die volksmond noem, as polisiebeampte, en in daardie tyd was daar baie noue ontkomeings en skietgevalle. Desmond was so passievol oor sy werk dat hy in 2000 genomineer is as polisiebeampte van die jaar.

In 2004 het hy deel gevorm van die Wes-Kaap polisie se provinsiale atletiekspan en het selfs ’n bronsmedalje ontvang.

“Dit was maar baie negatiewe omstandighede waaronder ek gewerk het en vir jare daarna sou ek nog steeds nagmerries en terugflitse kry oor die lelike goed wat ek vir soveel jare elke dag moes sien,” sê Desmond.

In 2005 besluit Desmond om sy loopbaan as polisiebeampte in die SAPD prys te gee om voltyds te sing. In dié jaar ontvang h