Bestel blomme aanlynOrder flowers online
image-.jpg
0

Eerste enkelsnit bekend gemaak deur Leon Gropp

Die bekroonde kitaarspeler, Leon Gropp, se eerste solo-enkelsnit word hierdie week vrygestel. Bakenlig beloof nie net om luisteraars se hartsnare te prikkel en vir hulle ’n hele nuwe kant van hom te wys nie, maar ook om vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger, te vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

“Bakenlig gaan oor die terugkeer na dit wat jou in die lewe anker. Dit kan in verskillende kontekste toegepas word, maar die idee is in hierdie geval meer ’n fisiese plek wat vir jou waarde dra. Ons almal het egter emosionele en geestelike ‘bakenligte’ ook,” vertel Leon oor hierdie alternatiewe snit wat sy sangtalent aan die land gaan bekendstel.

“Ek en Jattie de Beer het saam geskryf aan die lied. Ons verlede (geskiedenis) kom met ’n bepaalde konteks en dit vorm tot ’n groot mate ons denkwyse en -patrone. So om terug te keer na daai plek, daai anker, daai ‘bakenlig’ (hetsy fisies of geestelik) is belangrik om

image-.jpg
0

Elandre Schwartz – Kleindorp Dromer – net in Sandbaai

Elandre se baritone-stem het `n eiesoortige rykheid en diepte, terwyl dit dikwels ook `n indrukwekkende hoe register verken en ewe gemaklik met pop, rock, country en meer alternatiewe geure saamsmelt. Kom luister na hierdie nuwe opwindende jong sanger!

Datum:- 9 Augustus 2018

Tyd:- 19:00

Prys:- R120.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R114.00, Studente: R100.00, Leerdes (6 – 18 jaar): R70.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my

image-.jpg
0

Elvis Blue stel nuwe snit bekend net vir Vaders

Elvis Blue se eerste enkelsnit, Die Hartklop van ’n Pa, vanaf sy opkomende nuwe album is net betyds vir Vadersdag.

Elvis, wat self ’n familieman en pa is, sê dat hierdie liedjie hom na aan die hart lê. “Ek het gewonder wat ek vir my kinders sou wou sê as ek nie meer by hulle kon wees nie. Dit is waaraan ek gedink het toe ek hierdie liedjie geskryf het. Ek wou graag ’n klank gee aan hoe ek voel oor my kinders, en hierdie is wat uitgekom het,” vertel die sanger.

Volgens Elvis het hy ook aan sy eie ouers gedink en sy ervaring van hulle ouerskap probeer vasvang in hierdie liedjie. “Almal se ouers is nie dieselfde nie, party van ons het goeie ouers gehad, ander nie. Maar hoe klink die hart van ’n goeie pa? Om dít te verwoord is waarvoor ek gemik het.”

Die liedjie sal binnekort ook op radiostasies gehoor kan word met die musiekvideo wat op Vadersdag, 17 Junie uitgereik word. Die musiekvideo bevat videogrepe, wat Elvis Blue van sy

image-.jpg
0

Emil Paul het ‘n enkelsnit uit net vir Vadersdag

Die sanger Emil Paul se nuwe enkelsnit Man Van Staal is pas vrygestel en is die perfekte geskenk vir pa híérdie Vadersdag.

Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’.

Volgens Emil het hy die snit vir sy eie pa geskryf as ’n verjaardag geskenk in 2017. “Ek het besluit dis nou die tyd om die liedjie as my volgende enkelsnit vry te stel. Ek dink baie enkelouers sal iets uit die liedjie kan leer. Omdat my ma tien jaar terug skielik oorlede is, moes my pa die rol van twee ouers vertolk. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter pa vra nie,” sê die sanger. “Die liedjie is my manier om dankie te sê vir my pa vir al die jare se opofferings.”

Die liedjie beteken vir Emil baie. En hy vertel: “Ek sê nie altyd genoeg vir my pa hoe lief ek vir hom is nie. In

image-.jpg
0

Francois van Coke – Ballito

Na groot aanvraag sal die legendariese kunstenaar Francois van Coke in die Noordkus optree.

Datum:- 27 Julie 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- R150 – R350 (VIP)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Ballito?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Adres:- The Pumpkin Theatre – La Montagne, 100 Compensation Beach Rd, Ballito, Dolphin Coast, 4420

GPS Koordi

image-.jpg
0

Franna Benade het Emmers vol Note – Pretoria

Sy blymoedigheid is aansteeklik en sy kenmerkende skaterlag lig enige swaar gemoed op om saam te lag. “Daar is immers emmers vol om oor dankbaar en bly te wees”, glo Franna ruiterlik.

Datum:- 30 Augustus 2018

Tyd:- 18:45

Toegang:- R180 – R220


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood, Pretoria?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


<

image-.jpg
0

Gebore om wild te wees! SPAR Kirkwood Wildsfees 2018

Drie dae van Born to be Wild-ervarings vir die hele familie by die jaarlikse SPAR Kirkwood Wildsfees is die perfekte begin van die winter-skoolvakansie.

Datum:- 29 Junie – 1 Julie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag (Weekendpas = R350); R70 per kind per dag (Weekendpas = R150), R100 vir SASSA Pensioenarisse – kaartjies wat daagliks by die hek gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Kirkwood?? SA Radio

image-.jpg
0

Gehoor van Albert de Wet, ek is seker jy het, so hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom

Albert de Wet is ‘n Afrikaanse rock-sanger en liedjieskrywer. Hy maak sy debuut as sanger in 2005 waar hy in die RSGroentjie-kategorie van die Geraas-musiektoekennings tot finalis deurdring. Sy debuutalbum, Dagboek Van ‘n Dromer word in 2006 op 19-jarige ouderdom vrygestel.

De Wet is in 2006 genomineer as ‘n finalis in die “World song vision contest” en is ook genomineer vir die beste Afrikaans Rock-album tydens die 2007-SAMA toekennings. Hy het ook nominasies tydens Huisgenoot se Tempo-toekennings, die MK89-toekennings en die Vonk-toekennings ontvang.

In 2007 stel hy sy tweede album, “3 Jaar” vry, en ook die album word genomineer vir ‘n SAMA-toekenning as beste rock-album. Met die liedjie “Wat het gebeur by Aliwal-Noord?” verower hy in 2009 die VONK-toekenning vir Liedjie van die Jaar.

In Julie 2010 stel de Wet sy derde album vry: “Die vensters na my siel”, sowel as ‘

image-.jpg
0

Gehoor van Anton Botha, nog nie of dalk het jy, hier is ‘n bietjie meer inligting oor hom

Met die SAMA-genomineerde Anton Botha aan die stuur van sake is enige optrede onvergeetlik en sal dit almal na aan die hart lê.

Nuutste Oorspronklike Album: Alles Of Niks

Anton Botha se splinternuwe album, Alles of Niks, wat in 2012 vrygestel is bestaan uit 15 liedjies vanuit Anton se eie pen. Hy was ook betrokke by die produksie van die album. Die lirieke sal met jou hart praat en die ritme sal sorg dat jou voete nie kan stil sit nie. Die liedjie Love Jou Baie het Anton spesiaal vir sy dogtertjie geskryf. Hy het besluit om ‘n video te maak van die liedjie “Engeltjie” waarin Zetske van Pletzen teenoor hom speel. Sy tweede video, “Naby My”, is ook onlangs opgeneem. Beide word gereeld op televisie gespeel. Die verspreiding van die album word deur Select Musiek Distribusie behartig en is beskikbaar by die meeste toonaangewende musiekwinkels en is nou ook beskikbaar vir digitale “download” op ITunes.

Nuutste Album/ Produksie: Born to

image-.jpg
0

Gehoor van Carlo, leer hom ken, hier is ‘n kort Bio van hom

Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.

In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H

image-.jpg
0

Gehoor van Dawie Couzyn, wel hy was ‘n bekende sanger en ‘n liedjieskrywer

Mauritz David Wilhelmus (Dawie) Couzyn is op 27 Junie 1925 in Pretoria gebore en matrikuleer op Pietersburg.

Dawie Couzyn (1925–2010) was ‘n Suid-Afrikaanse sanger en skrywer. Hy verwerf bekendheid as internasionale operasanger (bariton), maar keer in die 1970’s op ‘n permanente basis na Suid-Afrika terug. Hy was ’n solis van die Weense Kämmeroper en het gereeld aan programme van die BBC in Londen en Radio Wien deelgeneem. As skrywer is hy bekend vir sy digkuns. Hy het ook talle gewilde liedjies vir Afrikaanse kinders saam met die sopraan Doris Brasch opgeneem.

Vir twaalf jaar lank is hy joernalis en hy stig selfs en is redakteur van die sosialistiese Afrikaanse tydskrif Die nuwe stem in Johannesburg, wat tot niet gaan net voor die 1948 verkiesings. Gedurende hierdie tyd neem hy as bariton sangles in Pretoria by die bekende skrywer Stella Blakemore en later in Johannesburg onder Margaret Roux, Bruce Anderson en veral Olga Ryss.

image-.jpg
0

Gehoor van die Gevoel van Veiligheid, hulle het ‘n nuwe album uit

Die groep Gevoel van Veiligheid, het die afgelope twee tot drie jaar tyd in Ruan Graaff se ateljee spandeer om hul nuwe album Man in die maan, te voltooi.

Die titelsnit van die album is ook hul splinternuwe enkelsnit, wat 20 Julie aan die publiek bekendgestel word. Volgens ’n mediaverklaring reik die groep juis die enkelsnit op 20 Julie uit omdat dit ook die dag is waarop Neil Armstrong vir die eerste keer op die maan was.

“Man in die maan vat jou terug na jou kinderdae, toe ons nog in die eenvoudige dinge in die lewe kon glo,” vertel Deon Roos, een van die groeplede.

Gevoel van Veiligheid is in 2011 gestig as ’n akostiese duo. Aan die einde van 2011 is hul eerste enkelsnit Skaterlag uitgereik op die destydse MK-kanaal. Sedert die uitreiking het hulle ’n verhoog met talle Suid Afrikaanse musikante gedeel, nog sewe enkelsnitte uitgereik, ’n paar keer op die kleinkassie verskyn en ’n breuk gevat om hul album te voltooi.

Oor di

image-.jpg
0

Gehoor van Henri Alant, lees meer hier onder oor die sanger

Henri Alant is ‘n 26 jarige Afrikaanse kunstenaar vanuit Pretoria en dié nuwe sangsensasie beskik oor alles wat nodig is om hom stewig in die Afrikaanse musiekmark te vestig! Sy album “Bly by my” gaan sy aanhang, in Suid-Afrika aansienlik vergroot.

Henri is nou gekontrakteer deur Fantasia musiek / en word versprei deur Coleske Artists van Suid-Afrika alhoewel dit nie sy eerste kennismaking met die opname-ateljee is nie; hy het in 2008 sy eerste demo CD gemaak en 2 liedjies op die CD was nommer 1 op van S.A. se plaaslike radiostasies. Sowel het hy ‘n nominasie lasjaar los geslaan waarvan hy 2de gekom het onder van S.A. se TOP kunstenaarslys.

“Ek het November 2009 my platekontrak los geslaan”, vertel hy. “My platebase het my volle spasie gegee om liedjies te skryf en te kon kies en wat ‘n voorreg is dit nie vir enige nuwe kunstenaar wat onder so groot platemaatskappy val om spasie te kan hê nie.” Ek is baie

image-.jpg
0

Gehoor van Jennifer Zamudio, lees verder en leer haar ken

Jennifer is gebore in Gansbaai en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek (Velddrif). Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury. Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 25 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope 16 jaar professioneel.

Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promuzik in Pretoria. Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”. Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.

Jennifer is ‘n Afrikaanssprekende sangeres en haar unieke van, Zamudio, is haar eie en is van Spaanse afkoms. Dit word foneties as volg uitgespreek “Za-moe-die-hou”. Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre. Sy is al deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die “Vrou met die Ontwerperstem”. Jennifer se talent is raakgesien in die j

image-.jpg
0

Gehoor van Mel Botes, wel hy kan ook in Afrikaans sing!

Mel Botes is ‘n Afrikaanse musikant. Hy is ook is ‘n digter, liedjieskrywer en komponis. Mel het in 1999 met sy epiese musiekproduksie “David’s Confession” naam gemaak.

Die eerste van vier hoofstukke van hierdie futuristiese musiekdrama “About Time” is by Sun City opgevoer. Hy het al die lirieke en musiek van “David’s confession” geskryf. ‘n Gelyknamige album is in 1999 by Bop Studios opgeneem. Hierdie werk is en word steeds beskryf as een van die beste ooit uit SA in die rock genre en jare voor sy tyd.

Mel is in 2000 uit ‘n groot aantal inskrywings in Beeld/Geraas en Janus Musiek se Vuurdoopliedjiewedstryd as die algehele wenner in die kontemporere afdeling aangewys. (Die wedstryd word in samewerking met Select Musiek en RP Studios aangebied.) Sy liedjie “As” was die wenliedjie.

“Oomblik van Waansin” is Mel se eerste Afrikaanse album en het voortgespruit uit sy aanwysing as Vuurdoopliedjiewenner van 20

image-.jpg
0

Ghoema Nuus:- ‘n gekroonde groep se nuwe musiekvideo laat die voete jeuk

“Vlugvoetig se musiekvideo is een groot Kaleidoskopiese partytjie van kleur, ritme en genotvolle danspassies – in ’n egte Swing-dansstyl uit die vyftigs! Die liefdesverhaal wat afspeel, is een van hoop vir die sogenaamde bleeksiele wat duidelik met hulle unieke danspassies óók ’n meisie se hart kan verower!

As jy nie luskry om te dans saam met hierdie jolige spulletjie nie, moet jy dalk die volumeknoppie net nóg ’n bietjie opdraai,” sê Kaleidoskoop se Anique Jordaan oor die video van hulle nuutste enkelsnit wat pas op kykNET Top 20 bekendgestel is en almal aan die praat het.

Dit is die duo, wat bestaan uit Jouba en Anique Jordaan, se derde enkelsnitvrystelling vanaf hulle album, Gunsteling Seisoen, wat in 2018 ’n Ghoema-toekenning gewen het vir Beste Album deur ’n Groep/Duo.

Hierdie opgewekte liedjie, met ’n voetjeuklekker Folk-Swing-styl, gaan oor ’n meisie wat onwillekeurig in ’n man se kop kom ronddans, is deur Joub

image-.jpg
0

Gooi daai meel op die vloer en kom skoffel saam met Klipwerf in die Kaap

Die mees populerste musiek orkes Klipwerf is hier vir `n dans party soos nog nie gesien nie. Bespreek jou kaartjies of tafel nou. Klipwerf Orkes meeste CD verkope in SA. Kom dans saam.

Datum:- 18 Augustus 2018

Tyd:- 19:00 to lekker laat

Toegang:- R150.00, Tafelsitplekke op ‘n eerste-op-die-eerste basis. ‘N tafel sit 10 gaste, kaartjies kan individueel of in groepe van 10 gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Goodwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf?

image-.jpg
0

GOUE STATUS vir Franja du Plessis se album

Sy het reeds haar eie stempel op die Suid-Afrikaanse musieklandskap gemaak, en haar goue status is ’n bewys daarvan.

Franja du Plessis, die dogter van die immergewilde, Juanita du Plessis se debuut-album het vroeër vanjaar die winkelrakke getref. Nooit sou sy kon raai dat dié album so weghol sukses sou wees.

Franja het haar goue toekenning vanoggend op die GROOT Ontbyt op kykNET ontvang. Sy skryf op haar Facebook-blad: “Soooo baie dankie aan almal wat my album al gekoop het! Julle sal nooit weet hoe baie dit vir my beteken nie!”

Ons resensent, Leoné Prinsloo, beskryf Franja se album as volg: “Hierdie album wat deur betekenisvolle lirieke sowel as aansteeklike ritmes gekenmerk word, bied ’n groot verskeidenheid liedjies wat ewe goed op die lang pad en die dansbaan ontvang behoort te word.”

Loer hier onder na een van haar treffer musiekvideo’s:- Franja du Plessis – Stad van verlange

image-.jpg
0

Haar stem mag dalk stil wees, maar sy sal nooit vergeet word nie:- Janita Claassen

Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.

Janita is op 30 April 1947 op die Noord-Kaapse dorp Warrenton gebore. Sy het matriek behaal aan die Hoërskool Vereeniging en daarna BA (HOD) aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer.

Sy het byna nege jaar lank skoolgehou. In 1976 het sy ’n oudisie geslaag om in ’n koffiehuiskonsert op televisie op te tree, maar dit was eers toe die Musiek-en-Liriekbeweging in 1979 ontstaan het dat sy in die musiekbedryf beland het.

In daardie jare het die bekende sanger Jannie du Toit musiekaande by sy huis naby die dieretuin in Pretoria gehou, en Janita was deel van die groep. Een van Janita se gereelde liriekskrywers, Babs Pretorius, het die woorde van een van die snitte op Jannie se debuutalbum, Liedjie vir jou, naamlik “Magnoliadal”, geskryf. Jannie is goed bevriend met Babs

image-.jpg
0

Hanco, ‘n negentienjarige sing oor ‘eie lewenservarings’

Die 19-jarige sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, Hanco, het onlangs ’n platekontrak by die gewilde platemaatskappy David Gresham geteken.

Boonop spog hy nou ook met sy debuutenkelsnit Ek en Jy, wat hy self gepen het. Die liedjie, wat deur Ziggy vervaardig is, gaan oor die oomblik wanneer jy jou beter helfte vas hou en veilig laat voel.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om my enkelsnit, Ek en Jy vry te stel. Ek hou daarvan om oor my eie lewenservarings te skryf en dit is hoekom Ek en Jy vir my so belangrik en spesiaal is,” vertel Hanco.

Hanco woon tans in Pretoria en sy eerste kennismaking met die verhoog was op die ouderdom van nege. Die hande klap van die gehoor is ’n herinnering wat hom vir altyd sal bybly.

Vir die afgelope vier jaar het hy

image-.jpg
0

Hanna Boss en Burgerd Botha maak wonderlike musiek saam

Hanna Boss se debuut-album, Verf Jouself, is gedurende Februarie 2018 uitgereik en die eerste twee enkelsnitte vanaf dié moderne Afrikaanse Popalbum, Verf Jouself en Mekaar Bedoel (met Burgerd Botha), pryk sedertdien op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Nou stel Hanna haar derde enkelsnit vanaf hierdie treffende album bekend. Dis Nou Verby het onlangs radiostasies landwyd oorrompel, en gaan verseker in die voetspore van haar vorige treffers volg.

“Ek het hierdie liedjie geskryf terwyl ek werklik gesukkel het in ’n sekere seisoen van my lewe om aan te beweeg. Deels met die hoop dat die seisoen weer vernuwe sal word. Maar, soos ek ook moes leer dat jy nooit reëndruppels terug kan gooi in die wolke nie, moes ek aanvaar dat die seisoen verby was en ek kon niks van die tyd terugdraai nie.

SA Radio

image-.jpg
0

Heidi tref musiekmark met ’n glimlag met haar nuwe enkelsnit

Na ’n jaar en ’n half se harde werk is Heidi se heel eerste enkelsnit vanaf haar debuutalbum hier.

Wat ’n Hart Laat Lag, geskryf deur Emil Struwig en vervaardig deur Werner Beukes.

Heidi is beslis ’n nuweling om dop te hou in 2017 – haar album beloof om jonk en oud te bekoor!

Hierdie snit reeds uitgestuur na talle radiostasies, en sover baie goed ontvang – dié snit was selfs een van die nuwe vrystellings op Jacaranda 94.2 se Chamberlains Hot Hit gewees wat moontlik sy toetrede tot hulle trefferparade kan maak binne die volgende week of twee!

Sy het onlangs ’n musiekvideo van haar weergawe van The Gambler vrygestel wat bitter goed ontvang is deur die publiek en selfs die nommer drie posisie beklee het op iTunes se Top Afrikaanse Musiekvideo lys.

Loer hier onder na haar treffer met “The Gambler” en “Wat ‘n Hart Laat Lag”:-

image-.jpg
0

Here are a few tit-bits of The Coleske Brothers

Coleske is a former South African music group consisting of the brothers Ewald (1970) and Arnold (1971).

The brother’s debut album, The Coleskes, was issued in 1989. In 1997, their song Take Me Where the Sun is Shining has been an international hit. In the same year, they were also honored with a Sama.

After that they founded Coleske Artists and moved their attention to the production side of music. Currently they are responsible for singers like Riana Nel, Lianie May and Jay. In addition to the management of artists, this company also handles productions such as Afrikaans is Groot and Classics is Groot.

Arnold Coleske of the music band The Coleske Brothers said he thought people had forgotten about them

“We are fortunate to hav