Bestel blomme aanlynOrder flowers online
image-.jpg
0

Bobby Van Jaarsveld is in Pietermaritzburg

Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.

Datum:- 26 April 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- R150

Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? SA Radio

image-.jpg
0

Die manne van EON het ‘spunk’

In 2017 het Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse alternatiewe popgroep EON gestig, en bereik reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet, wat tans op verskeie radiostasies en hoog op die rotasielyste is.

Die musiekvideo daarvan is ook nou op YouTube bereik verrassende kykersgetalle. Verskeie Afrikaanse TV-kanale beelsend ook gereeld die musiekvideo.

Pieter Marcato is ’n liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

Jerry Spangenberg is gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers het hy konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Die gogga vir dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is

Spoegwolf tree op te Atterbury Theatre – Pretoria

Spoegwolf sleep die laaste ses jaar soos `n kersfeesboom uit die woud. Hulle slaan dit op in die Atterbury Teater.

Datum:- 28 April 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R180 – R200

Hul stukkende bos liggies en skadu – as monument vir Suid-Afrikaanse kuns. `n Kuier van Musiek, Moed en Dinge wat Flikker vir 2018.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio

image-.jpg
0

Rocco De Villiers, Liewe Hemel Liewe Aarde – Pretoria

Gewilde pianis Rocco de Villiers bring nie net n versameling van die mooiste musiek ter wereld nie, maar ook n nuwe `best of` vrystelling van die mees gewilde, gesluisterde snitte van sy vorige 6 albums BEAUTIFUL BEAUTIFUL PIANO, MORE BEAUTIFUL PIANO, STUNNING, COUNTRYKEYS en BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS 1 & 2. Elke snit deur die gehoor gekies.

Datum:- 4 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Prys:- R200 – R220


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
image-.jpg
0

Angel verskuif country pop grense

Angel de Lange se nuwe album, Vat my terug, haar eerste onder die Select-vaandel, is oorgehaal om een van die grootste country-rock bederwe van 2018 te wees!

Hierdie fenomenale talent van die Ooste van Johannesburg se lae register-stem herinner aan die van die legendariese Bonnie Tyler, en met dié album – waar liedjieskrywers soos Rudi Claase, Dennis East en Manie Jackson hul penne by Angel se eie gevoeg het – kom dit beslis tot sy volle reg.

Die album beslaan twaalf snitte wat ’n hele rits nuutskeppings met ’n goeie paar wêreldbekende gunstelinge afwissel in ’n samestelling wat diegene wat daarna luister sal boei van begin tot einde. Dis primêr ’n country geur, met vuurwarm rock-elemente bygevoeg – ’n album waarna jy seker net lekker kan luister ook, maar een wat ook nie skroom om jou gereëld dansvloer toe te sleep vir ’n goeie skoffel of two-step nie.

Oorspronklike snitte sluit Juwele, Ek huil oor jou, Poppedans, die ampe

image-.jpg
0

2018 SAMA 24: Die Afrikaanse benoemings!

Dis weer tyd vir die South African Music Awards (SAMA), wat vir die 24ste keer deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) aangebied word. Die jaarlikse geleentheid vereer van die beste talent oor ’n tydperk van twee dae in sleutel kategorieë.

Sommige van die benoemdes gaan ook tydens die seremonie optree, wat beloof om ’n skouspel soos min te wees.

Hier is die Afrikaanse benoemdes:

BEST ROCK ALBUM
Willim Welsyn – Blitzkriek
Fokofpolisiekar – Selfmedikasie

BESTE POP-ALBUM
Ray Dylan – Uitbasuin
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde
Brendan Peyper – Hy Loop Oop
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand
Lianie May – Iemand Om Lief Te Hê

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM
Saarkie – Queen van die Toorbos
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Jo Black – Skepe

image-.jpg
0

Dié Bekende Sanger kry die stem agter ‘n kykNET- sitkom

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”

image-.jpg
0

Kom beleef Stef Bos Kern – Pretoria

Stef Bos soek naar die KERN van alles. Hij weet hy gaan dit nooit nie vind nie, maar hy bly soek In woorde en songs gedigte en stories. Die ene keer is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoenervleis.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160 – R180

image-.jpg
0

Karlien van Jaarsveld & orkes tree op – Atterbury Theatre – Lynnwood

KARLIEN VAN JAARSVELD, multi platinum kunstenaar tree op met `n 3 stuk orkes. Sy neem jou op `n reis van haar lewe met liedjies uit haar eie pen, maar ook liedjies van ander kunstenaars wie se musiek ook deel van haar lewe vorm en vir sy baie respek het.

Datum:- 3 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160 – R180

image-.jpg
0

Stef Bos tree op in Sasolburg

Stef Bos soek na die KERN van alles. Hy weet hy gaan dit nooit vind nie, maar hy bly soek in woorde en songs, gedigte en stories.

Die een oomblik is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoendervleis en wil `n traan wegpik. Maar dis lewens-eg – soos die boek van Murray Janson wat sy lewe verander het.

Datum:- 6 Mei 2018

Tyd:- 14:30

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio
image-.jpg
0

Die Ghoema-musiekpryse vir 2018 is in: En die wenners is…

Op Sondag 29 April om 20:00 het die ganse Afrikaanse musiekbedryf by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie met Ghoema Musiektoekennings wegstap.

Die Ghoemas, vanjaar in sy sewende jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.

KLIK HIER VIR DIE BENOEMINGS
Hier is die volledige lys van wenners:

BESTE NUWELING VAN DIE JAAR
Jo Black – Skepe

BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR
1 Elvis Blue – Die Brug (Geskryf deur Elvis Blue)

BESTE HIP-HOP-LIEDJIE VAN DIE JAAR
YOMA – Wille Kat (Geskryf deur Claudia Witbooi [YOMA])

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR
Jay – So Lank Sal Ek Jou Liefhê
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde

BESTE

image-.jpg
0

Opvoering te Stellenbosch : 401 Rozendal Danie Niehaus

Hiermee word u hartlik uitgenooi om ‘n lekker vertoning deur die bekende Danie Niehaus en smaaklike ete te kom geniet by 401 Rozendal. Die kaartjieprys sluit in ‘n heerlike verwelkomingsdrankie, Canapés en ‘n smaaklike 3 gang maaltyd voorberei deur Two Chefs. Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Datum:- 4 & 5 Mei 2018

Tyd:- Geen inligting verskaf

Toegang:- R580 p.p. – Semi-formeel


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Rozendal?? SA Radio

image-.jpg
0

Cape Town Grand Jol Suidooster Sepie

Kom PARTYTJIE saam by die TygerBurger Grand Jol op 5 Mei en ontmoet die sterre van Suidooster Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam vanaf 19h00 tot laat. Met gewilde kunstenaars soos Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad.

Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:00 tot 23:30

Toegang:- R240


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Grand West Casino & Entertainment World?? SA Radio

image-.jpg
0

Come Worship by Malmesbury Swartland met Retief Burger en ShofarBand

Kom en aanbid vanaf saam met ons en Retief Burger en die ShofarBand. Die kaartjies kan by Shofar Malmesbury of NG Noord Gemeente gekoop word, besonderhede volg verder in die berig.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 18:30 tot 21:30

Toegang:- R50


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Malmesbury?? SA Radio
image-.jpg
0

Die sanger Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Burgerd Botha het beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy sielvolle stem, was nie net vir sewe jaar betrokke by die bekroonde groep Romanz nie, maar tree ook gereeld op by van die land se grootste feeste en konserte. Sy langverwagte debuut solo-album is pas vrygestel en beloof om aanhangers se asems weg te slaan.

Hartlagsiel is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke, wat luisteraars sal uitnooi om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde.

“My CD is een wat ’n mens aanspoor om die lewe elke dag opnuut aan te pak, ongeag vir die feit dat dit soms moeilik is en alles nie altyd volgens plan verloop nie. Die Here verwag van jou om Hom te bly vertrou, aan te hou en die wenstreep in die oog te hou,” verduidelik die sanger.

“Ek wou graag die album so saamstel dat elke lied as ’n enkelsnit op sy eie staan en uitgegee k

image-.jpg
0

Lucas se liedjies – Kiekies – Stellenbosch

Lucas Maree as liedkunstenaar het min gelykes in Afrikaans. Jannie du Toit en Thean Kotze (stigterslid van Ses Snare) herontdek sy verbeeldingryke kyk na die lewe en laat die gehoor met persoonlike anekdotes iets beleef van sy uitsonderlike menslikheid en kreatiewe gees.

Datum:- 15 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R120

Twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en `n legende van Afrikaanse musiek passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmoniee en tekste wat iets te se het, beweegThean en Jannie singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het ? daargestel het.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Stellenbosch??

image-.jpg
0

Sangeres Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam!

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek.

Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisiekanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie a

image-.jpg
0

Makietie te Wellington Op ń Stasie fees

Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Datum:- 11 & 12 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio
image-.jpg
0

Die band 1925band vra ‘Waarom’ met nuwe snit

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ’n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ’n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herinner ons dat die antwoord by jouself lê – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm, Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landwyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landwye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die s

image-.jpg
0

Die sang groep Tussen Sterre betower met aansteeklike lirieke

TussenSterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk.

TussenSterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak.

Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl en passie om die Afrikaanse taal lewendig te hou.

“Ons maak nie net musiek nie, ons verduidelik emosies wat mense oor die algemeen mee sukkel om met woorde te sê” vertel hulle.

TussenSterre se eerste enkelsnit, Wonder Steeds, is beskikbaar op iTunes waarvan die musiekvideo in Julie 2016 vrygestel gaan word.

Loer hier na hulle musiekvideo:- Tussen Sterre – Wonder Steeds

image-.jpg
0

Optrede te Langebaan: Mathys Roets by Pirates

Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.

Datum:- 16 Mei 2018

Tyd:- 20:00 tot 23:00

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
image-.jpg
0

Drie van die Bestes 20 jaar lank – Pretoria

“Drie van die Bestes” – Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus ? bekoor gehore al meer as 20 jaar met wonderlike humor en musiek.

Datum:- 13 Mei 2018

Tyd:- 15:15

Toegang:- R180 – R200


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig
image-.jpg
0

Ontmoet vir Liza Brönner, ‘n Afrikaanse sangeres van formaat

Liza Brönner is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI).

Haar derde album, Vir eers is dit net ek… is op 01 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.)

In Mei 2013 wen Brönner ‘n werklikheidsprogram wat ‘n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,[1] om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer ‘n puik vertolking van die hoofrol, “Liefling” teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld.

Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, “Vir eers is dit net ek” het 2Br