image-.jpg
0

Dié Bekende Sanger kry die stem agter ‘n kykNET- sitkom

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”

image-.jpg
0

Die duo DZL trakteer ondersteuners met ’n dag vol avontuur

Ondersteuners van die sanggroep, DZL, is onlangs met ’n avontuurdag van ’n leeftyd getrakteer. Die manne het in April hulle nuuste enkelsnit, Het Jy Al Gelewe vrygestel waartydens hulle met radiostasies regoor die land saamgewerk het en luisteraars uitgedaag het om hulle stories te vertel waartydens hulle as’t ware die lewe by die horings gepak het.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit, is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van die lewe en om elke oomblik saam jou beste pêl of geliefde te geniet.

“Ons het sulke wonderlike terugvoer van die luisteraars gekry en het toe die beste stories gekies en hierdie luisteraars, saam met hulle deelnemende radiostasies genooi om ’n dag vol avontuur saam met ons te spandeer,” vertel Wiaan Fourie.

Op Saterdag, 12 Mei, het die wenners en die ondersteunende radiostasies wat Pretoria FM, Bosveld Stereo, 90.6 VCR, Overvaal Stereo, Eas

image-.jpg
0

Lizandra Winter is besig met groot dinge

Hoendervleismooi is die perfekte woord om Lizandra Winter se splinternuwe enkelsnit op te som. Die Begin bou voort op die sukses van haar eerste amptelike solo-snit en musiekvideo, Fluister, wat nie net deel was van die 2016-lokettreffer, Vir Altyd, se klankbaan nie, maar ook steeds gereeld speeltyd kry oor die radio en op die kassie.

Volgens haar, gaan hierdie Pop-Rock-treffer daaroor dat ’n mens so vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. “Ek sê altyd vir my man dat ek nie vir eendag wil leef nie en tog vang ek myself so baie dat ek toelaat dat ‘môre’ die skoonheid van vandag steel. Ek het die lied geskryf om myself te herinner dat die tyd soms moet stilstaan, en ek myself moet verloor in die oomblik.

Ook dat geld nie geluk kan koop nie. Die lied het ’n goedvoel-verwerking waarby die meeste luisteraars sal aanklank vind,” vertel sy opgewonde. “In vandag se tyd is dit die norm dat, terwyl jy b

Ontmoet Lize Beekman in ‘n neutedop

Lize Beekman is ‘n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy het op 3-jarige ouderdom aangekondig dat sy eendag haar eie liedjies gaan skryf. Op 12 is haar eerste lied, Like an Eagle, deur die Country-sanger Clive Bruce opgeneem.

Beekman se lied, ’n Sonneblom uit Bethlehem, wat deur Laurika Rauch opgeneem is, is in 2002 gedurende die GMT Awards as Lied van die Jaar genomineer. Van haar ander treffers sluit in: Draadkar oor die see, Suidlandgebed en Ek het ‘n boer sien dans. Sy het haar eerste solo-uitstalling in 2013 gehou.

Diskografie
* Ek Was Al Daar DVD, 2010 SELECT
* Sit ‘n Bietjie Langs My, 2008 Lize Beekman
* Lize Beekman – Lullabies, 2007 BOWLINE
* Draadkar Oor Die See, BOWLINE
* Iemand Het Gesê, 2004 JNS
* Cake, 2000 JNS
* Eyes Of A Child, 1997

Loer hier onder aan een van haar musiekvideo’s:- Lize Beekman – Diepsee of Knysnabos<

image-.jpg
0

Arno Carstens live at Carmel Rock

This intimate performance includes the hits from his career as front man of The Springbok Nude Girls, many of the beloved and most celebrated songs from his career as a platinum selling, award winning English solo artist and some popular cover tracks. Arno performs a bilingual set, and includes tracks from his brand new Afrikaans album “Die Aandblom 13”

Date:- 27 July 2018

Time:- 19:00

Price:- R200


Looking for a cozy place to stay nearby in Scarborough, Cape Town?? Click Here !!

Looking for a cheap flight or would you like to rent a vehicle? visit SKY.co.za now!

Address:- CAMEL ROCK, SCARBOROUGH, CAPE TOWN

GPS Coordinates:-

image-.jpg
0

Gooi daai meel op die vloer en kom skoffel saam met Klipwerf in die Kaap

Die mees populerste musiek orkes Klipwerf is hier vir `n dans party soos nog nie gesien nie. Bespreek jou kaartjies of tafel nou. Klipwerf Orkes meeste CD verkope in SA. Kom dans saam.

Datum:- 18 Augustus 2018

Tyd:- 19:00 to lekker laat

Toegang:- R150.00, Tafelsitplekke op ‘n eerste-op-die-eerste basis. ‘N tafel sit 10 gaste, kaartjies kan individueel of in groepe van 10 gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Goodwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf?

image-.jpg
0

‘N kort Bio oor Mimi Coertse:- die dame met die gou Operastem

Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela.

Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.

Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgev

image-.jpg
0

Sangeres Arina de Wit, is ‘n sangeres van formaat, hier is ‘n kort Bio van die dame

Suid Afrika se Diva!! maak haar verhoogdebuut op 5 jarige ouderdom en neem gedurende haar skoolloopbaan aan verskeie verhoogproduksies deel. Daarna volg drama studies aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ook sang onderrig ontvang van Prof. George van der Spuy.

Arina woon daarna vir ‘n paar jaar in Namibia waar sy bekendheid verwerf met verskeie TV – en Swaruk – musiek en drama produksies en as wenner van ‘n nationale musiekkompetisie.

Sy maak haar SA televisie buiging in Spies en Plessis met haar en Jan Spies se liedjie “Rietjiesfluit”. Sy vestig haar daarna in Pretoria en haar debuut CD word in 1992 vrygestel. Die album sluit o.a. “Wals van die Somer” en Skatkis vol Drome” in. Op “No Regrets” haar volgende album wat in 1994 uitgereik is, is talle immergewilde, romantiese treffers in Engels en Frans.

In 1996 verskyn ‘n Afrikaanse album “Voorbegin” met talle gewilde radiotreffers. Dit word gevolg met die baie

image-.jpg
0

Hopefield: Swembad-vol Water-Insameling saam met Armand Hofmeyer

Saam met ons SPORE-INI-SAND Fees en Armand Hofmeyer wat heeldag sing, samel ons waterbottels in ten bate van Toerisme!

Datum:- 1 April 2018

Tyd:- Heel dag

Toegang:- R20 P.P. kinders gratis

Die dorp is in 1852 op die plaas Langekuil gestig. Dit het in 1914 ‘n munisipaliteit geword. Na twee mense wat dit uitgelê het, is Major William Hope, Ouditeur-generaal en ‘n Mnr. Field.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Hopefield SA Radio
image-.jpg
0

Sangeres Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam!

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek.

Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisiekanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie a

image-.jpg
0

Emil Paul het ‘n enkelsnit uit net vir Vadersdag

Die sanger Emil Paul se nuwe enkelsnit Man Van Staal is pas vrygestel en is die perfekte geskenk vir pa híérdie Vadersdag.

Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’.

Volgens Emil het hy die snit vir sy eie pa geskryf as ’n verjaardag geskenk in 2017. “Ek het besluit dis nou die tyd om die liedjie as my volgende enkelsnit vry te stel. Ek dink baie enkelouers sal iets uit die liedjie kan leer. Omdat my ma tien jaar terug skielik oorlede is, moes my pa die rol van twee ouers vertolk. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter pa vra nie,” sê die sanger. “Die liedjie is my manier om dankie te sê vir my pa vir al die jare se opofferings.”

Die liedjie beteken vir Emil baie. En hy vertel: “Ek sê nie altyd genoeg vir my pa hoe lief ek vir hom is nie. In

image-.jpg
0

Het jy geweet Leah het goue status bereik?

Ná al die hoogtepunte van 2016, kan Leah sommer vroeg in 2017 nog een op die kerfstok plaas. Na ’n Ghoema, drie Huisgenoot Tempo-toekennings en die heruitreiking van haar Wonderwerk CD in Deluxe formaat, kom die nuus dat verkope van die einste album die 15 000 kerf verbygesteek het. Dis reg, goue status vir Leah se Wonderwerk Deluxe-album!

Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kan word, en wat aan Leah al die toekennings besorg het, bevat die Deluxe-album treffers soos Volmaan, en ’n nuwe weergawe van Meer As Niks.

En met ’n nuwe weergawe van Met Jou Klere Aan, beantwoord Leah ook daardie tergende vraag wat bewonderaars nou al ’n rukkie aan die raai het: “Wat is die lekkerste ding om te doen met jou klere aan?” Vir die antwoord, sal jy maar die Wonderwerk Deluxe-album moet aanskaf.

Een van die vier nuwe liedjies op die album, C’est La Vie, is ook die volgende liedjie wat aan radiostasies gestuur sal word en behoort

image-.jpg
0

Corlea en Jannie Moolman tree op te KIEVITS KROON

In ‘n herderhuis en buitegeboue op ‘n landgoed van 16 hektaar. Die landgoed is onlangs as ‘die Wynlande in Gauteng’ erken weens sy argitektuur in die Kaapse Hollandse styl.

Datum:- 14 Julie 2018

Tyd:- 16:-00

Toegang:- Optrede begin om 19h00, Kaas en Wyn vanaf 16h00, Pryse – geen onder 14, Kaas en Wyn en die Skou: R380, Optrede slegs: R130


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Pretoria?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Die landgoed is onlangs genomineer as een van Afrika se voorste vergaderings en konferensiehotelle, luukse toevlug van die

image-.jpg
0

Gehoor van die Gevoel van Veiligheid, hulle het ‘n nuwe album uit

Die groep Gevoel van Veiligheid, het die afgelope twee tot drie jaar tyd in Ruan Graaff se ateljee spandeer om hul nuwe album Man in die maan, te voltooi.

Die titelsnit van die album is ook hul splinternuwe enkelsnit, wat 20 Julie aan die publiek bekendgestel word. Volgens ’n mediaverklaring reik die groep juis die enkelsnit op 20 Julie uit omdat dit ook die dag is waarop Neil Armstrong vir die eerste keer op die maan was.

“Man in die maan vat jou terug na jou kinderdae, toe ons nog in die eenvoudige dinge in die lewe kon glo,” vertel Deon Roos, een van die groeplede.

Gevoel van Veiligheid is in 2011 gestig as ’n akostiese duo. Aan die einde van 2011 is hul eerste enkelsnit Skaterlag uitgereik op die destydse MK-kanaal. Sedert die uitreiking het hulle ’n verhoog met talle Suid Afrikaanse musikante gedeel, nog sewe enkelsnitte uitgereik, ’n paar keer op die kleinkassie verskyn en ’n breuk gevat om hul album te voltooi.

Oor di

image-.jpg
0

There is a Storm in `n D-cup @ Stellenbosch

The inimitable Sarah Theron gives a powerful performance in celebration of National Women`s Day.

Date:- 9 August 2018

Time:- 17:00

Price:- R120.00, 2018 Loyalty Card, on production of valid card: 20% off ticket price


Looking for a cozy place to stay nearby in Stellenbosch ?? Click Here !!


Looking for a cheap flight or would you like to rent a vehicle? visit SKY.co.za now!


Would you like to advertise on this very popular website ??

image-.jpg
0

Jy ken die sanger Anna Davel, kom ons loer ‘n bietjie na haar kort Bio

Met ‘n kombinasie van ‘n sultry stem, sielvolle lewendige optredes en pragtige liedjieskryf, het Anna Davel al twee dekades gehore betower. Sy het 9 bekende albums, 1 DVD vrygestel en het talle musiekproduksies vir teater en feeste gelewer.

Dit het in 1997 begin toe sy die algehele wenner van die jaarlikse ATKV Crescendo-kompetisie geword het. Haar selfpennedatum Viooltjies het haar as sanger, liedjieskrywer en optreeder op die kaart gedruk. Die liedjie het ‘n merkwaardige indruk gemaak met sy tema van huishoudelike mishandeling. Anna het haar Diploma in Ligte Musiek / Jazz by die Tshwane Universiteit van Tegnologie in 1998 verwerf.

Later die jaar het sy by die gewilde vrou Capella-groep Cutt Glas aangesluit. Sy het

image-.jpg
0

Kom ons kyk sobietjie na Ray Dylan se indrukwekkende Bio

Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus) is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.

In 2010 ontvang hy ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer