image-.jpg
0

Angel verskuif country pop grense

Angel de Lange se nuwe album, Vat my terug, haar eerste onder die Select-vaandel, is oorgehaal om een van die grootste country-rock bederwe van 2018 te wees!

Hierdie fenomenale talent van die Ooste van Johannesburg se lae register-stem herinner aan die van die legendariese Bonnie Tyler, en met dié album – waar liedjieskrywers soos Rudi Claase, Dennis East en Manie Jackson hul penne by Angel se eie gevoeg het – kom dit beslis tot sy volle reg.

Die album beslaan twaalf snitte wat ’n hele rits nuutskeppings met ’n goeie paar wêreldbekende gunstelinge afwissel in ’n samestelling wat diegene wat daarna luister sal boei van begin tot einde. Dis primêr ’n country geur, met vuurwarm rock-elemente bygevoeg – ’n album waarna jy seker net lekker kan luister ook, maar een wat ook nie skroom om jou gereëld dansvloer toe te sleep vir ’n goeie skoffel of two-step nie.

Oorspronklike snitte sluit Juwele, Ek huil oor jou, Poppedans, die ampe

image-.jpg
0

2018 SAMA 24: Die Afrikaanse benoemings!

Dis weer tyd vir die South African Music Awards (SAMA), wat vir die 24ste keer deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) aangebied word. Die jaarlikse geleentheid vereer van die beste talent oor ’n tydperk van twee dae in sleutel kategorieë.

Sommige van die benoemdes gaan ook tydens die seremonie optree, wat beloof om ’n skouspel soos min te wees.

Hier is die Afrikaanse benoemdes:

BEST ROCK ALBUM
Willim Welsyn – Blitzkriek
Fokofpolisiekar – Selfmedikasie

BESTE POP-ALBUM
Ray Dylan – Uitbasuin
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde
Brendan Peyper – Hy Loop Oop
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand
Lianie May – Iemand Om Lief Te Hê

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM
Saarkie – Queen van die Toorbos
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Jo Black – Skepe

image-.jpg
0

Dié Bekende Sanger kry die stem agter ‘n kykNET- sitkom

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”