Forum Nuus: Kuif en Baard
0
02:32

Forum Nuus: Kuif en Baard

Zoë Burger, die dinamiese eienaar van Kuif en Baard, het met Forum Nuus gesels oor die belangrikheid van goeie kliëntediens, passievolle personeel en hoe ’n kliënt danksy die AfriForum Netwerk ’n haarafspraak vanuit New York gemaak het.
Forum Nuus: Forum Tydskrif – AfriForum Netwerk
0
02:05

Forum Nuus: Forum Tydskrif – AfriForum Netwerk

Die jonk en dinamiese entrepreneurs Charl Oberholzer, Jana Nel en Sandri Loubser, is drie van duisende entrepreneurs wie se ondernemings op die AfriForum Netwerk geregistreer is. In dié video gesels die nuwe Forum Tydskrif-voorbladgesigte oor hul besighede en die belangrikheid van netwerk. Wees deel van die AfriForum Netwerk en lys jou besigheid by www.afriforumnetwerk.co.za.
Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt
0
01:01

Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt

Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin. Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys. #SkepWerk
Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie
0
02:21

Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie

Christine Buchanan en Louiza Rademan, die mede-eienaars van Oh-Lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van AfriVriendelik se jaarlikse entrepreneurskompetisie. In dié video deel hulle die inspirerende wyse waarop hulle reeks ontstaan het, asook hoe waardevol ’n platform soos AfriVriendelik vir entrepreneurs is.
Suksesvolle entrepreneurs deel hul wenresep met AfriVriendelik
0
05:47

Suksesvolle entrepreneurs deel hul wenresep met AfriVriendelik

AfriForum se nuwe inisiatief AfriVriendelik, ʼn eenstopdiens vir alle entrepreneurs en sakeondernemings, het die afgelope week met entrepreneurs soos Hennie Lötter van die Kapoet Padstal, Kobus Galloway van Idees Vol Vrees en Johannita Eksteen en Anneke van Rooyen van Funky Ouma-speserye gesels om uit te vind wat die redes vir hul sukses is.