Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan
0
03:20

Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan

AfriForum en AfriSake bied tot 10 Mei in-diepte inligtingsessies oor grondonteiening vir gemeenskappe regoor Suid-Afrika aan. Tydens dié sessies, wat in al nege provinsies aangebied gaan word, bespreek die sakeregte-waghond AfriSake die wetlike aspekte van onteiening sonder vergoeding, terwyl AfriForum op die fisiese beskerming van eiendom fokus.
Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits
0
02:02

Hof beslis Malema en EFF mag nie grondgrype aanhits

’n Interdik is vanoggend in die Pretoriase hooggeregshof teen Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en dié party toegestaan nadat AfriForum en AfriSake die hof genader het om Malema en die EFF te verbied om onwettige grondgrype aan te hits. Die burgerregte- en sakeregtewaghond het die aansoek in November verlede jaar ingedien nadat Malema met sy uitlatings voortgegaan het en verder gedreig het dat die EFF op 6 April grond landwyd gaan beset. Malema het by verskeie geleenthede ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond onwettig te beset. By een geleentheid is mense opdrag gegee om veral grond te beset wat naby is aan waar hulle woon. Malema het ook gesê dat die EFF die regskoste sou betaal indien onwettige besetters vervolg of gearresteer sou word.