image-.jpg
0

Sanger Hanna Boss het ‘n enkelsnit uit:- Verf Jouself

Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.

Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me

image-.jpg
0

Cordelia en Pieter Koen het sobietjie kragte saam gesnoer

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.

“Spel van Liefde gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alle

image-.jpg
0

Ontmoet vir Stèfan Bezuidenhout hy is binnekort op almal se lippe

Onthou byvoorbaat die naam Stèfan Bezuidenhout. Die 11-jarige van Pretoria gaan binnekort op almal se lippe wees, wanneer sy debuutalbum die winkelrakke tref.

Stèfan is tans ’n gr. 6-leerder aan die Laerskool Wierdapark. Nadat hy ’n sangkompetisie toe hy slegs nege jaar oud was, sing hy nou saam met bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Leah, Tarryn Lamb en Willem Botha.

Verlede jaar het die jong sanger ’n video op sy Facebook-blad gelaai waar hy Shawn Mendez se Mercy op ’n kalwerbord speel en sing. Die video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 8 000 keer gedeel.

“Ons het glad nie gedink die video gaan soveel aftrek kry nie. Ek het sommer die video met my selfoon by die huis geneem,” het Dewald Bezuidenhout, Stèfan se pa, onlangs aan Maroela Media vertel.

Stèfan werk op die oomblik aan ’n Afrikaanse liedjie. Hy het ook verlede jaar opgtree tydens Classics is Groot en sal vanjaar weer by Clas

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 26 Maart 2018

Bok van Blerk en Robbie Wessels se duet “Die Sluise van die Hemel is tans op nommer 6, Appel se liedjie “Boer loop deur my are”, tans op nommer 2, en Steve Hofmeyr se liedjie “Redgebed”, want tans op nommer 3 is, is steeds onder die Top-5 aflaaisarsies die week.

Loer gerus hieronder na die musiekvideo’s, net vir jou om te geniet.

Na slegs ‘n week in die nommer 1-posisie, maak Liezel Pieters plek vir Appel se nuwe treffer liedjie “Boer loop deur my are”

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Appel – “Boer loop deur my are”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
4. Liezel Pieters – “Sing jou hart uit”
5. Kurt Darren – “Haal asem”
6. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Janie Bay ft Hunter Kennedy

image-.jpg
0

Emil Paul het ‘n enkelsnit uit net vir Vadersdag

Die sanger Emil Paul se nuwe enkelsnit Man Van Staal is pas vrygestel en is die perfekte geskenk vir pa híérdie Vadersdag.

Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’.

Volgens Emil het hy die snit vir sy eie pa geskryf as ’n verjaardag geskenk in 2017. “Ek het besluit dis nou die tyd om die liedjie as my volgende enkelsnit vry te stel. Ek dink baie enkelouers sal iets uit die liedjie kan leer. Omdat my ma tien jaar terug skielik oorlede is, moes my pa die rol van twee ouers vertolk. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter pa vra nie,” sê die sanger. “Die liedjie is my manier om dankie te sê vir my pa vir al die jare se opofferings.”

Die liedjie beteken vir Emil baie. En hy vertel: “Ek sê nie altyd genoeg vir my pa hoe lief ek vir hom is nie. In

image-.jpg
0

Elvis Blue stel nuwe snit bekend net vir Vaders

Elvis Blue se eerste enkelsnit, Die Hartklop van ’n Pa, vanaf sy opkomende nuwe album is net betyds vir Vadersdag.

Elvis, wat self ’n familieman en pa is, sê dat hierdie liedjie hom na aan die hart lê. “Ek het gewonder wat ek vir my kinders sou wou sê as ek nie meer by hulle kon wees nie. Dit is waaraan ek gedink het toe ek hierdie liedjie geskryf het. Ek wou graag ’n klank gee aan hoe ek voel oor my kinders, en hierdie is wat uitgekom het,” vertel die sanger.

Volgens Elvis het hy ook aan sy eie ouers gedink en sy ervaring van hulle ouerskap probeer vasvang in hierdie liedjie. “Almal se ouers is nie dieselfde nie, party van ons het goeie ouers gehad, ander nie. Maar hoe klink die hart van ’n goeie pa? Om dít te verwoord is waarvoor ek gemik het.”

Die liedjie sal binnekort ook op radiostasies gehoor kan word met die musiekvideo wat op Vadersdag, 17 Junie uitgereik word. Die musiekvideo bevat videogrepe, wat Elvis Blue van sy

image-.jpg
0

Marcato se tweede album, “Vrede vir almal” is hier

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras. ’n Uiteenlopende verskeidenheid van temas soos identiteit, vriendskap, verhoudings, geldgierigheid, misdaad, oorlog, droogte en besoedeling word op dié album aangespreek deur ’n alomteenwoordige derdepersoonsverteller wat op al tien die snitte aan die woord is. Dit volg na die sukses wat Marcato aanvanklik as ’n drieledige groep oor die afgelope tien jaar reeds met hul debuutalbum, When his whistle blows bereik het.

Die titelsnit, Vrede vir almal… beklemtoon dat mense ten spyte van al die lewe se uitdagings slegs vrede sal kan vind deur hoop uit die verlede vir die hede sowel as die toekoms te put.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Silhoeëtte beskryf algehele verlatenheid waartydens mense met die foute van hul verlede gekonfront

image-.jpg
0

Die Ghoema-musiekpryse vir 2018 is in: En die wenners is…

Op Sondag 29 April om 20:00 het die ganse Afrikaanse musiekbedryf by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie met Ghoema Musiektoekennings wegstap.

Die Ghoemas, vanjaar in sy sewende jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.

KLIK HIER VIR DIE BENOEMINGS
Hier is die volledige lys van wenners:

BESTE NUWELING VAN DIE JAAR
Jo Black – Skepe

BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR
1 Elvis Blue – Die Brug (Geskryf deur Elvis Blue)

BESTE HIP-HOP-LIEDJIE VAN DIE JAAR
YOMA – Wille Kat (Geskryf deur Claudia Witbooi [YOMA])

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR
Jay – So Lank Sal Ek Jou Liefhê
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde

BESTE