image-.jpg
0

Emil Paul het ‘n enkelsnit uit net vir Vadersdag

Die sanger Emil Paul se nuwe enkelsnit Man Van Staal is pas vrygestel en is die perfekte geskenk vir pa híérdie Vadersdag.

Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’.

Volgens Emil het hy die snit vir sy eie pa geskryf as ’n verjaardag geskenk in 2017. “Ek het besluit dis nou die tyd om die liedjie as my volgende enkelsnit vry te stel. Ek dink baie enkelouers sal iets uit die liedjie kan leer. Omdat my ma tien jaar terug skielik oorlede is, moes my pa die rol van twee ouers vertolk. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter pa vra nie,” sê die sanger. “Die liedjie is my manier om dankie te sê vir my pa vir al die jare se opofferings.”

Die liedjie beteken vir Emil baie. En hy vertel: “Ek sê nie altyd genoeg vir my pa hoe lief ek vir hom is nie. In

image-.jpg
0

Elvis Blue stel nuwe snit bekend net vir Vaders

Elvis Blue se eerste enkelsnit, Die Hartklop van ’n Pa, vanaf sy opkomende nuwe album is net betyds vir Vadersdag.

Elvis, wat self ’n familieman en pa is, sê dat hierdie liedjie hom na aan die hart lê. “Ek het gewonder wat ek vir my kinders sou wou sê as ek nie meer by hulle kon wees nie. Dit is waaraan ek gedink het toe ek hierdie liedjie geskryf het. Ek wou graag ’n klank gee aan hoe ek voel oor my kinders, en hierdie is wat uitgekom het,” vertel die sanger.

Volgens Elvis het hy ook aan sy eie ouers gedink en sy ervaring van hulle ouerskap probeer vasvang in hierdie liedjie. “Almal se ouers is nie dieselfde nie, party van ons het goeie ouers gehad, ander nie. Maar hoe klink die hart van ’n goeie pa? Om dít te verwoord is waarvoor ek gemik het.”

Die liedjie sal binnekort ook op radiostasies gehoor kan word met die musiekvideo wat op Vadersdag, 17 Junie uitgereik word. Die musiekvideo bevat videogrepe, wat Elvis Blue van sy

image-.jpg
0

Marcato se tweede album, “Vrede vir almal” is hier

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras. ’n Uiteenlopende verskeidenheid van temas soos identiteit, vriendskap, verhoudings, geldgierigheid, misdaad, oorlog, droogte en besoedeling word op dié album aangespreek deur ’n alomteenwoordige derdepersoonsverteller wat op al tien die snitte aan die woord is. Dit volg na die sukses wat Marcato aanvanklik as ’n drieledige groep oor die afgelope tien jaar reeds met hul debuutalbum, When his whistle blows bereik het.

Die titelsnit, Vrede vir almal… beklemtoon dat mense ten spyte van al die lewe se uitdagings slegs vrede sal kan vind deur hoop uit die verlede vir die hede sowel as die toekoms te put.

Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Silhoeëtte beskryf algehele verlatenheid waartydens mense met die foute van hul verlede gekonfront

image-.jpg
0

Die Ghoema-musiekpryse vir 2018 is in: En die wenners is…

Op Sondag 29 April om 20:00 het die ganse Afrikaanse musiekbedryf by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie met Ghoema Musiektoekennings wegstap.

Die Ghoemas, vanjaar in sy sewende jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.

KLIK HIER VIR DIE BENOEMINGS
Hier is die volledige lys van wenners:

BESTE NUWELING VAN DIE JAAR
Jo Black – Skepe

BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR
1 Elvis Blue – Die Brug (Geskryf deur Elvis Blue)

BESTE HIP-HOP-LIEDJIE VAN DIE JAAR
YOMA – Wille Kat (Geskryf deur Claudia Witbooi [YOMA])

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR
Jay – So Lank Sal Ek Jou Liefhê
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde

BESTE