image-.jpg
0

Kom ons kyk na ‘n goue oue:- Zirk Bergh

Zirk Bergh was ‘n Afrikaanse sanger en kitaarspeler vir wyle Worsie Visser. Hy was bekend vir liedjies soos Ek hou nie van werk nie, Wie’t Al Daai Blomme Geplant en Dis soos dit is by die Weskus.

Hy is op 14 Desember 2013 oorlede nadat hy homself en 3 ander geskiet het.

Diskografie
Die Beste Uit Die Weste…, 2008 CDR/BOWLINE
Zirk Bergh KKNK 2007 DVD, 2008 BOWLINE
Hoe Lank Gaan Velddrif Nog Visvang?, 2007 CDR/BOWLINE
My “bezirkste” treffers, 2004 FANTASIA
My Eie Plaas, 2003 FANTASIA
Teer Strate Vol Gate, 2002 FANTASIA
Ons Ouma Se Pot, 2001 TRIO
Dis Die Weskus, 1999 TRIO
Die Eensame Krokodil, 1997 TRIO

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Zirk Bergh – Wie’t daai blomme geplant in Namakwaland en dan kyk ook na Ysterwiel Krywa

image-.jpg
0

Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het

Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.

Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.

Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv