Forum Nuus: Weg met myn by Krugerwildtuin
0
02:26

Forum Nuus: Weg met myn by Krugerwildtuin

AfriForum gaan volstoom voort om die steenkoolmyn by die Krugerwildtuin teen te staan. Strafregtelike klagtes gaan ook binnekort ingedien word. Luister hier na die waarskuwings van ’n omgewingskenner indien met ontginning van steenkool in dié area in Mpumalanga voortgegaan word. Jy kan ook help. Steun ons veldtog by http://bit.ly/2JLQkHv.
Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer
0
03:08

Forum Nuus: Nelson Mandela-stigting lieg blatant en help om SA te polariseer

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandag gereageer op die Nelson Mandela-stigting (NMS) se voorneme om Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by die organisasie, te vervolg ná die vlaguitspraak vroeër vandeesweek in die gelykheidshof. Die hof het bevind die vertoon van die ou landsvlag kom op haatspraak neer. Roets het ná die uitspraak in ’n akademiese konteks ’n foto van die ou vlag op Twitter geplaas met ’n vraag: Het ek nou net haatspraak gepleeg? Roets is tans besig met sy doktorsgraad in regte. Kriel sê die NMS is oneerlik en speel tans ’n polariserende rol in die land. Dit doen ook afbreek aan die beeld van oudpres. Nelson Mandela as versoener.
AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston
0
02:46

AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston

“Jy kan nie net kla oor politiek, plaasmoorde of die droogte in ons land en niks doen nie. Waar jy kan, moet jy ’n bydra lewer. Ons moet almal saamstaan.”Só meen Carel Joubert, een van verskeie AfriForum-lede wie se reusebydrae tot die noodfonds dit vir die burgerregte-organisasie moontlik gemaak het om 42 ton voer aan boere in die droogte¬geteisterde Williston-distrik te skenk.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou
0
01:18

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak. Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:37

AfriForum reik uit na Nkandla-gemeenskap – Forum Nuus

AfriForum was verlede week in die distrik van Nkandla, tuiste van president Jacob Zuma, om te kyk hoe die gemeenskap gehelp kan word om vir meer as 400 kinders toegang tot ʼn hoërskool te kry. Dít volg nadat Inkosi Z.D. Mpungose, hoof van die tradisionele stam in die gebied, die burgerregte-organisasie in Februarie om hulp genader het om druk op die regering te plaas om die hoërskool te bou wat vroeër aan hulle belowe is. Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is dit onaanvaarbaar dat honderde kinders nie toegang tot ʼn skool het nie, terwyl Zuma in ʼn woning van R250 miljoen woon. “Ons kan nie ʼn skool hier bou nie, maar ons het met ouers en lede van die gemeenskap vergader om te kyk hoe verdere druk op die LUR geplaas kan word sodat die beloofde skool gebou word.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vroeër gesê hoewel sekere mense meen die versoek uit ʼn swart gemeenskap is vreemd, is dit alles behalwe die geval omdat AfriForum onbeskaamd en openlik vir die regte van Afrikaners, Afrikaanssprekende en minderhede veg.