AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:33

AfriForum belig inmenging in sport internasionaal

AfriForum het pas klagtes teen sportkwotas en politieke inmenging in sport by Wêreldrugby in Dublin, Ierland, en die Internasionale Netbalfederasie in Manchester, Brittanje, ingedien. Die afvaardiging onder leiding van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, vergader ook met van die liggame se besture om die kwessie internasionaal te belig. ’n Verslag getiteld: Transformasie in SA Sport: Telbord nie in regering se guns, wys op die vergrype in Suid-Afrika waar sportlui op grond van kwotas en nie meriete nie in spanne ingesluit word.
Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2019
0
04:11

Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2019

“Die kunste is die suurstof van ’n kultuur en as jy daai pypie begin toedruk dan sterf jou kultuur. Dit is wat ons vroeër by ander toekenningsgeleenthede ervaar het, maar dis nie die geval by die Aitsa’s nie. By die Aitsa’s gaan dit oor Afrikaans en oor meriete,” meen Steve Hofmeyr. Kyk dié video om […]
AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston
0
02:46

AfriForum skenk 42 ton voer aan boere in Williston

“Jy kan nie net kla oor politiek, plaasmoorde of die droogte in ons land en niks doen nie. Waar jy kan, moet jy ’n bydra lewer. Ons moet almal saamstaan.”Só meen Carel Joubert, een van verskeie AfriForum-lede wie se reusebydrae tot die noodfonds dit vir die burgerregte-organisasie moontlik gemaak het om 42 ton voer aan boere in die droogte¬geteisterde Williston-distrik te skenk.
Forum Nuus: Internskap 2019
0
01:17

Forum Nuus: Internskap 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het vandeesweek amptelik afgeskop. Ses jongmense neem vanjaar aan dié program, wat sedert 2014 deur AfriForum aangebied word, deel. Volgens Marike van As, opleidingsbeampte van AfriForum Jeug, het die internskap ten doel om ʼn verrykende ervaring te wees wat studente blootstel aan die verskillende bedrywighede van dié burgerregte-organisasie. Tydens die internskapprogram sal interns onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit-beweging se strukture werk, die geleentheid kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord
0
02:19

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – AfriForum besoek die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord

AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop
0
03:11

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer. Nantes Kelder, De Goede Hoop se koshuisvader vir 2018, en HK-lede het met Forum Nuus gesels oor wat dié koshuis uniek maak.
Forum Nuus: Kuif en Baard
0
02:32

Forum Nuus: Kuif en Baard

Zoë Burger, die dinamiese eienaar van Kuif en Baard, het met Forum Nuus gesels oor die belangrikheid van goeie kliëntediens, passievolle personeel en hoe ’n kliënt danksy die AfriForum Netwerk ’n haarafspraak vanuit New York gemaak het.
VANDERBIJLPARK-TAK VUL 2 100 SLAGGATE
0
03:02

VANDERBIJLPARK-TAK VUL 2 100 SLAGGATE

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het onlangs ongeveer 2 100 slaggate in verskeie strate in die dorp gevul as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Die Vanderbijlpark-tak het 35 ton teer aangekoop en die projek het ongeveer R90 000 beloop. Hierdie aksie is in samewerking met nege motorfietsklubs, verskeie sakeondernemings en gemeen¬skaps¬lede aangepak om die paaie […]
Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk
0
03:39

Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk

“Dit wys jou net wat kan gebeur as AfriForum en munisipaliteite hande vat,” meen Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, oor die Libanon-vullisterrein se merkwaardige resultate in dié burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinoudit.
Vullisterrein-hofsaak reuseoorwinning vir AfriForum
0
01:36

Vullisterrein-hofsaak reuseoorwinning vir AfriForum

AfriForum se Naboomspruit-tak het vandag in die Noord-Gautengse hoë hof ʼn hofsaak rakende die swak wyse waarop die Naboomspruit-vullisterrein bestuur word teen Lim 368 Plaaslike Munisipaliteit met koste gewen.
Forum Nuus: Forum Tydskrif – AfriForum Netwerk
0
02:05

Forum Nuus: Forum Tydskrif – AfriForum Netwerk

Die jonk en dinamiese entrepreneurs Charl Oberholzer, Jana Nel en Sandri Loubser, is drie van duisende entrepreneurs wie se ondernemings op die AfriForum Netwerk geregistreer is. In dié video gesels die nuwe Forum Tydskrif-voorbladgesigte oor hul besighede en die belangrikheid van netwerk. Wees deel van die AfriForum Netwerk en lys jou besigheid by www.afriforumnetwerk.co.za.
Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou
0
01:21

Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen. AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
AfriForum stig teenrassisme-eenheid
0
04:55

AfriForum stig teenrassisme-eenheid

’n Nuutgestigte eenheid teen rassisme en haatspraak is vandeesweek tydens ’n konferensie in Centurion amptelik deur AfriForum van stapel gestuur. Verskeie rolspelers, wat hulle as raadgewers tot hierdie eenheid verbind het, het as sprekers by die konferensie opgetree en verskillende aspekte van wat die die eenheid beoog om te bereik, uitgelig.
Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval
0
00:17

Buurtwaglid gee eerste treë ná skietvoorval

’n AfriForum-buurtwaglid van Pretoria het ’n maand nadat hy vermoedelik met ’n AK47 in die rug geskiet is, sy eerste treë in die hospitaal gegee. Video: Verskaf
Manie Jackson – Liefde En Genade
0
03:57

Afrikaanse studente debatteer óók nou op hul voete – Forum Nuus

Die Universiteit van Pretoria se Afrikaanse debatspanne het die afgelope naweek geseëvier tydens vanjaar se Dink of Sink-universiteitsdebatkompetisie wat in samewerking met AfriForum, die FAK en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns by die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria aangebied is. Sowat 12 debatspanne van agt tersiêre instellings het vanjaar deelgeneem. Dit is die eerste keer dat Dink of Sink of universiteitsvlak aangebied is en ʼn bewys van die enorme behoefte wat daar bestaan om Afrikaanssprekendes toe te rus om in Afrikaans in debat te kan tree.
Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand
0
02:38

Orania meer as 500 bome ryker danksy AfriForum, Solidariteit en Helpende Hand

“Om ’n boom te plant is ’n geloofsdaad vir die toekoms. Wanneer jy ’n boom plant weet jy nie of jy self die skaduwee van die boom gaan geniet nie, maar jy het die vertroue dat jou kinders en kleinkinders dit wel gaan doen,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Kyk dié video om […]
Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt
0
01:01

Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt

Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin. Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys. #SkepWerk
Forum Nuus: Quo Vadis
0
02:27

Forum Nuus: Quo Vadis

Is daar ’n toekoms vir Afrikaners? In die laaste Quo Vadis-gespreksreeks gesels Ernst Roets met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging en Barend Uys, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, oor die maniere waarop Afrikaners kan help bou aan ’n blink toekoms.
Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:03

Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.