AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak
0
02:32

AfriForum internskap inspireer studente om verskil te maak

Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ʼn internskapprogram vir studente van verskeie AfriForum Jeugtakke aangebied. Dié program het 14 studente van verskillende universiteite die geleentheid gegee om aan die verskillende bedrywighede, veldtogte en aktiwiteite van dié burgerregte-organisasie blootgestel te word. Die program is vir die eerste keer in 2014 aangebied en tydens vanjaar se internskap het studente die geleentheid gehad om onder meer vullisterreinoudits te doen, erfenisgebiede te besoek, ʼn anti-Zuma monument op te rig en ʼn takstigting by te woon.
AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld
0
02:17

AfriForum Jeug gedreig tydens oprig van anti-Zuma standbeeld

AfriForum en die burgerregte-organisasie se jeugvleuel is gister gedreig tydens die oprig van hul anti-Zuma monument in Groot Marico in Noordwes. Die burgerregte-organisasie het ʼn banier en hok opgerig met 783 moere vir elke korrupsieklag teen pres. Jacob Zuma. Dié optrede kom nadat die provinsiale regering in Noordwes onlangs met bouwerk aan ’n monument vir Zuma begin het wat sowat R1,7 miljoen gaan kos. Verteenwoordigers van AfriForum en AfriForum Jeug is kort nadat hulle die simboliese monument aanmekaar gesit het deur omstanders gedreig dat hulle aangerand en hul toerusting gebreek sal word. Die plakkate en banier is daarna verbrand.
Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017
0
02:19

Die reformatoriese wêreld vier 500 jaar hervorming: 1517-2017

Martin Luther het 500 gelede sy 95 stellings teen die misbruike in die kerk van sy tyd aan die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. AfriForum Jeug het vandag klipstapel opgerig wat die Reformasie vier wat die begin van ons kerklike tradisies is.
Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019
0
03:42

Forum Nuus: AfriForum Jeug gaan woeker in 2019

Die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel staan ywerig reg om vanjaar met roepingsgedrewenheid te takel. Bestuurslede van verskeie AfriForum Jeug-takke het onlangs tydens ’n opleidingskamp bymekaar gekom om hul strategie vir die komende jaar, asook die aksies wat daaruit voortspruit, te bespreek.
Forum Nuus: Internskap 2019
0
01:17

Forum Nuus: Internskap 2019

Die burgerregte-organisasie AfriForum se internskapprogram vir studente en jong werkendes van verskeie AfriForum Jeug-takke het vandeesweek amptelik afgeskop. Ses jongmense neem vanjaar aan dié program, wat sedert 2014 deur AfriForum aangebied word, deel. Volgens Marike van As, opleidingsbeampte van AfriForum Jeug, het die internskap ten doel om ʼn verrykende ervaring te wees wat studente blootstel aan die verskillende bedrywighede van dié burgerregte-organisasie. Tydens die internskapprogram sal interns onder meer leer hoe AfriForum en die Solidariteit-beweging se strukture werk, die geleentheid kry om saam met AfriForum se provinsiale koördineerders selfdoenprojekte aan te pak, woordvoerderopleiding ontvang en leer oor erfenisbewaring.
Pukke bekommerd oor toekomstige taalbeleid
0
03:11

Pukke bekommerd oor toekomstige taalbeleid

AfriForum Jeug het ’n massavergadering gehou vir studente van die NWU se Potchefstroom-kampus om hul insette te kry oor die moontlike verandering van die universiteit se taalbeleid, asook die verandering van die embleem van al drie kampusse na 'n unitêre pers kleur.