Treffende musiekvideo uit van ADAM en Elizca
Met die uitreiking van ADAM se tweede enkelsnit, Kalmeer, het die manne ernstig geraak en ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika gebring.
“Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, Apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker anderkant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan,” sê Hugo Ludik.
Die musiekvideo vir hierdie treffende lied, wat vervaardig is deur Fathom Media en finansieël ondersteun is deur Afriforum en Dapper Media, is pas uitgereik. Dit is geskiet by die Willem Prinsloo Landbou Museum in Cullinan.
Paarl Rugby Klub ADAM & die Wildberries
Kom geniet die aand saam met ADAM en die Wildberries.
Datum:- 15 Junie 2018
Tyd:- 19:00 tot 22:55
Toegang:- R120
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Paarl?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Paarl Rugby Club Pub & Grub, Market Street, Paarl, Western Cape
GPS Koordinate:- -33.671033, 18.904717
Kontak:- 021 870 1685
SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-
Vir die jeug van Suid-Afrika, ‘Kalmeer’, ’n boodskap van ADAM
Die gewilde musiekgroep, ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se album, Bewe, is gedurende Maart 2018 vrygestel.
Dié album is ’n bewysstuk van hoe baie hulle gegroei het as kunstenaars oor die afgelope klompie jare. Hulle eerste enkelsnit, Sê My (Bewe), is vroeg in 2018 al uitgereik en pryk steeds op trefferparades landswyd.
Dit is ’n lekker tong-in-die-kies liedjie geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry – en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet.
Maar nou, met die uitreiking van hulle tweede enkelsnit, Kalmeer, raak die manne ernstig en het hulle ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika.
“Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wee



