Piet Pompies met Harold Cobb en sy Orkes – Herrie what’s de merrie
0
02:18

Piet Pompies met Harold Cobb en sy Orkes – Herrie what’s de merrie

Piet Pompies is in 1922 op Willowmore gebore as Pieter van der Byl. Hy het in sy leeftyd verskeie beroepe beoefen - eers klerk en later stasiemeester by die Spoorweë, eienaar van ‘n troeteldierwinkel, perdeslagter, en natuurlik vermaaklikheidskunstenaar. Hy was meer as net ‘n sanger - hy was ook ‘n akteur, omroeper, komponis, draaiboekskrywer, goëlkunstenaar en buikspreker. Hy sal veral onthou word vir sy radioprogramme Caltex Kaskenades en Next Stop Makouvlei. In die genoemde programme het hy, benewens sy eie rolle, ook die rolle vertolk van Hanswors en Oom Gert. Vir sy radioprogramme en koffiehuiskonserte het hy nie minder nie as 280 grappige liedjies geskryf. Hy het sowat vyftien 78-spoedplate opgeneem vir Trutone en Pêrel saam met Harold Cobb se orkes, en het ook verskeie opnames gedoen saam met Flippy Laker en Pip Friedman. Piet Pompies is op 30 Desember 1992 in die ouderdom van 70 oorlede in ‘n motorongeluk naby Grabouw. Hierdie legendariese komediant het sy verhoognaam te danke gehad aan die outydse pompie-toeters waarmee hy op die verhoog lawaai gemaak het. Hierdie liedjie is op die album "Padlangs" vrygestel, waarskynlik teen die einde van 1956 of aan die begin van 1957. Die liedjie is geskryf deur Piet Pompies. BAIE DANKIE AAN MARIUS DE VOS VAN IFM 102.2 VIR DIE INFORMASIE!
Niek Potgieter – Hartseer wals
0
02:36

Niek Potgieter – Hartseer wals

Ek het tans geen informasie oor Niek Potgieter nie, maar sal byvoeg indien ek iets opspoor. Hierdie liedjie is vanaf die 10" album "Padlangs" wat waarskynlik teen die einde van 1956 of vroeg in 1957 vrygestel is.
Dirk Laas – Steel-settees
0
02:04

Dirk Laas – Steel-settees

Ek het tans geen informasie oor Dirk Laas nie, maar sal byvoeg indien ek iets opspoor. Hierdie liedjie is vanaf die 10" album "Padlangs" wat waarskynlik teen die einde van 1956 of vroeg in 1957 vrygestel is.
Dirk Laas – Altona-vastrap
0
02:14

Dirk Laas – Altona-vastrap

Ek het tans geen informasie oor Dirk Laas nie, maar sal byvoeg indien ek iets opspoor. Hierdie liedjie is vanaf die 10" album "Padlangs" wat waarskynlik teen die einde van 1956 of vroeg in 1957 vrygestel is.
Niek Potgieter – Ja-nee-vastrap
0
02:10

Niek Potgieter – Ja-nee-vastrap

Ek het tans geen informasie oor Niek Potgieter nie, maar sal byvoeg indien ek iets opspoor. Hierdie liedjie is vanaf die 10" album "Padlangs" wat waarskynlik teen die einde van 1956 of vroeg in 1957 vrygestel is.
Piet Pompies & Flippy Laker met Harold Cobb en sy Orkes – Hoedjie in my hand
0
02:37

Piet Pompies & Flippy Laker met Harold Cobb en sy Orkes – Hoedjie in my hand

Piet Pompies is in 1922 op Willowmore gebore as Pieter van der Byl. Hy het in sy leeftyd verskeie beroepe beoefen - eers klerk en later stasiemeester by die Spoorweë, eienaar van ‘n troeteldierwinkel, perdeslagter, en natuurlik vermaaklikheidskunstenaar. Hy was meer as net ‘n sanger - hy was ook ‘n akteur, omroeper, komponis, draaiboekskrywer, goëlkunstenaar en buikspreker. Hy sal veral onthou word vir sy radioprogramme Caltex Kaskenades en Next Stop Makouvlei. In die genoemde programme het hy, benewens sy eie rolle, ook die rolle vertolk van Hanswors en Oom Gert. Vir sy radioprogramme en koffiehuiskonserte het hy nie minder nie as 280 grappige liedjies geskryf. Hy het sowat vyftien 78-spoedplate opgeneem vir Trutone en Pêrel saam met Harold Cobb se orkes, en het ook verskeie opnames gedoen saam met Flippy Laker en Pip Friedman. Piet Pompies is op 30 Desember 1992 in die ouderdom van 70 oorlede in ‘n motorongeluk naby Grabouw. Hierdie legendariese komediant het sy verhoognaam te danke gehad aan die outydse pompie-toeters waarmee hy op die verhoog lawaai gemaak het. Hierdie liedjie is op die album "Padlangs" vrygestel, waarskynlik teen die einde van 1956 of aan die begin van 1957. Die liedjie is geskryf deur Piet Pompies en Harold Cobb. BAIE DANKIE AAN MARIUS DE VOS VAN IFM 102.2 VIR DIE INFORMASIE!