Sepie151 Videos

0
24:00

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 10 – Poppie Kry Stilstuipe

Frikkadel moet katvoet loop om in Poppie se goeie boekies te bly, Poppie gaan vroeg huistoe omdat sy siek voel. Boeboe is oortuig dat sy swanger is en Worsie laat sy ma weet wat op haar beurt weer vir die hele familie laat weet. Poppie is woedend en dinge word vererger wanneer Frik haar en haar baas agtervolg toe hulle dokumente moes laat teken. Boeboe en Worsie oortuig Frik om 'n romantiese aand te reel om Poppie uit haar stilstuipe te laat kom.
0
23:33

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 13 – Poppie is Op Pad

Poppie se werk stuur haar op 'n kursus na Durban. Frik is nie baie gelukkig wanneer hy uitvind dat sy die enigste vrou op die bus sal wees nie en koop vir haar 'n vliegtuigkaartjie. 'n Meisie wat saam met Worsie op skool was maak haar verskyning op die dorp en sy ma wil hê hy moet hom oor haar ontferm.
0
25:43

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 9 – Lulu en Loftus

Boeboe doen 'n besering op en moet vir 'n week in traksie lê. Frikkadel moet iemand kry om uit te help want hy wil na 'n baie belangrike rugbywedstryd gaan kyk: Noord-Transvaal teen Natal. Poppie en hy kry stry en sy weier om hom te help. Tiger gee vir hom 'n plek se naam wat hom sal help om kelnerinne te kry, maar tot sy skok is dit 'n "escort agency". Toe dit lyk of sy kanse om na die wedstryd te gaan kyk nul is, tree Poppie in en sy beman die Vetkoekpaleis.