Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Die immergroen Jan Blohm Trio tree op – Pretoria

Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie!

Datum:- 7 Junie 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


2018 sien Jan terug op die verhoog met `n drie stuk groep waar hy die oorspronlike inspirasie van blues en soul musiek terug werk in vertolkings van sy selfgepende musiek!

Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit van Burgerd Botha – Die Sterre

Burgerd Botha het pas sy debuut solo-album, Hartlagsiel, vrygestel en dit slaan reeds aanhangers se asems weg!

Die Sterre, die nuutste enkelsnitvrystelling wat onlangs uitgereik is, is deur Stephantasties geskryf en vervaardig en het ’n treffende akoesties elektroniese aanslag. “Dit gaan oor daardie fase in ’n verhouding waar jy besef dat jy besig is om verlief te raak en dit so lekker is dat jy voel dat die heelal maar kan stilstaan. Jy sukkel om die regte woorde te sê as jy in haar oë staar en al wat jy kan uitkry is: ‘Ek’s lief vir jou!’,” sê die Burgerd.

LEES OOK: Burgerd Botha reik debuut solo-album én enkelsnit uit

Die musiekvideo vir hierdie pragtige liedjie word nou uitgereik en gaan gepaard met asemrowende visuele elemente en beligting. Die video is vervaardig deur Christiaan Wolf by Brickwolf Creative Studios en dit het hulle nege ure geneem om die video te skiet.

Burgerd en Christiaan het die konsep vir die video saam ontwi

image-.jpg
0

Kom kuier in Bloemfontein vir die Wolhaarstories sessie

Lam op die spit 3-gang buffet – eet soveel as wat jy wil – met lewendige vermaak, bon vuur en kontant kroeg.

Datum:- 11 – 14 Julie 2018

Tyd:- 18:30 tot laat

Toegang:- R350 p/p/p/d


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Pap met vark kaaings en uie en tamatie smoor
Boerbrood, met botter en tuisgemaakte tam

image-.jpg
0

Die sanger Piet Botha is oud maar nog glad nie koud in die musiekbedryf nie

Piet Botha (18 Julie 1955) is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is die seun van Pik Botha, een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.

In 1984 begin hy die musiekgroep Jack Hammer. Botha is in 1985 na die VSA om daar te gaan werk, maar keer in 1986 na Suid-Afrika terug. Sy eerste Afrikaanse album, ’n Suitcase vol winter, is in 1997 bekendgestel. Van sy bekendste liedjies sluit in Blues vir Louise, ’n Suitcase vol winter en Vandat jy weg is. Hy ontvang ’n Sama-prys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek (2006). In 2002 is hy by die SA Rock Hall of Fame ingelyf en in 2006 is hy deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaans vereer.[1]

In 2011 verskyn Botha in ‘n televisie-program op die Afrikaanse TV-kanaal kykNET, genaamd “Wie Lê Waar”, waarin Botha die grafte van bekende Afrikaanse ikone besoek en hulle biografieë vertel. Die reeks lei dan ook dan indirek na die opneem en uitreik van Piet Bo

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 30 Julie 2018

In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers so paar plekke gespring of afwaarsts gegaan op ons lys. Daar was 4 snitte wat die week gestyg het en 12 wat afwaarts gesak het en een nuwe toetrede. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Die man met die sterk stem, Jo Black, is vandeesweek in die nommer 1 posisie met sy treffer “Een klein klippie”

Die stoutseun van Afrikaans, Snotkop, was weer die afgelope week die topverkoper onder die Afrikaanse albums in die kettingwinkels. Daai “Sous” liedjie maak omtrent opslae.

Die langverwagte treffer van Tarryn Lamb “Mal oor jou” is hier. Sy kom in op ons Top 20 in die 9de posisie. Loer gerus hier onder na haar musiekvideo oor die liedjie, en natuurlik is daar nog ‘n verrassing, ‘n bonus musiekvideo van haar.

Leon Gropp met sy treffer “Bakenlig” is sy plek kwyt op ons Top 20, maar Joe Foster vat daai 20ste plekkie in met sy nuwe treffer – “Volgende stap”.

image-.jpg
0

Afrikaans Pop Sanger Jaycee Crause, is baie stil, maar hier is ‘n bietjie inligting oor hom

Jaycee Crause se nuutste enkelsnit, MY GODIN is onlangs vrygestel en die reaksie op die liedjie is ongelooflik positief.

Met bekroonde liedjieskrywer, Rudi Claase en treffer vervaardiger Werner Beukes as kreatiewe skeppers van die liedjie word daar wyd bespiegel dat hierdie liedjie baie goed gaan doen in die Afrikaanse musiekmark.

Jaycee werk tans aan ‘n nuwe album en MY GODIN is die perfekte voorsmakie van wat van hom verwag kan word.

Hy kom al ‘n lang pad in die musiek bedryf en het besluit om die keer sy tyd te vat en rustig te werk aan ‘n nuwe album en die beste produk vir sy aanhangers te bied.
Jaycee het tot dusver drie albums uitgeruik en ons kan met trots sien dat elke album ‘n m

image-.jpg
0

Rinel Day het ‘n wonderlike stem, en sy nou in ‘n groep – JaneDuke

Rinel Day kom 16de in die Wereld met die World Peace Song Contest, met haar Liedjie Vuur met Vuur Veg ,waarin Celine Dion 2de geeindig het.

Rinel Day het reeds 22 nommer 1’s op Radio met haar debuut album “Rinel Day”

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2013 Toekenning in die kategorie – Beste Pop Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar debuut album getiteld “Rinel Day”

Rinel Day is in 2014 aangestel as die Beskermvrou vir Jakaranda Kinderhuis

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2015 Toekenning in die kategorie – Beste Kontemporere Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar album “Dit Staan in die Sterre”

Rinel Day is te sien in Leon Schuster se nuwe fliek SCHUKS…. PAY BACK THE MONEY (In teaters 28 Augustus 2015)

Rinel Day is tans gekies deur Carpe Diem uitgewers om deel te vorm van die nuwe VROUE WAT GLO 2016 dagboek

Rinel Day vorm ook deel van die nuut be

CD van die maand (resensie): Deur my venster – Refentse

My hart bly in ʼn taal, die CD waarmee Refentse Morake verlede jaar sy debuut gemaak het, het nie net die aandag van die publiek op dié jong man gevestig nie, maar ook dié van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Vroeër vanjaar het hy vier Ghoemas met dié CD verower: dié van manskunstenaar van die jaar, album […]
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 12 Februarie 2018

Jo Black met sy treffer “Die vrou wat ek liefhet” bly die week in die nommer 1 posisie. Ray Dylan bly in die 2de posisie met sy liedjie “Uitbasuin, en Anders is in die 3de plek met hulle liedjie “Bruid”. Valentynsdag in om die draai, en met dit in gedagte het die manne van ADAM […]
image-.jpg
0

Camille:- Amerikaanse meisie sing in Afrikaans!

Camille van Niekerk is ‘n sanger en vokale instrukteur in Ventura, Kalifornië. Sy is lief vir die deel van die skoonheid en vreugde van musiek met ander, hetsy deur prestasie of onderrig.

Camille het op die ouderdom van sewe begin studeer en in musicals begin presteer. Sy het gedans, gerangskik en gespeel soos rolle in Belle in die Skoonheid en die Bees, Chiffon in Klein Winkel van Horror, en Gabriella in Hoërskoolmusiek. In 2010 het Camille begin werk aan haar BA in Musiekopvoeding aan die Azusa Pacific University, waar sy klassieke stem bestudeer het met Rebecca Genzink en jazzstem met Kristin Korb en John Proulx. Camille het op die top van haar klas met ‘n 3,98 GPA geslaag. Sy het toe haar onderrigkwalifikasie van die San Diego State University verdien en klas- en instrumentale musiek aan die klas geleer. Kort nadat sy na die LA-land verhuis het, het Camille haar privaat vokale ateljee begin, met vokale afrigting, ooropleiding en opname vir s

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 16 April 2018

Daar is geen verandering aan die Top 20 se eerste 3 plekke nie, hulle staan vas op ons lysie. Tarryn Lamb van Blackbyrd-faam se nuwe enkelsnit, “Mal oor jou”, is skaars bekendgestel en dit verskyn reeds op talle trefferparades. Die sangeres betree die week se Top 20 in nommer 18. Herman Kleinhans en Maria Rademan, […]
image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 14 Mei 2018

Juanita du Plessis vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf. Haar loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuutalbum, Juanita. Die bekende liedjie “Ska-Rumba” was haar goue eier op die album.

Sy het onlangs ‘n nuwe enkelsnit, “Dankie vir jou liefde”, bekendgestel en die liedjie is tans een van die 20 liedjies wat die meeste op iTunes afgelaai word. Sy betree ons Top 20 op nommer 12 met haar nuwe liedjie.

Janie Bay ft Hunter Kennedy met hulle liedjie “Wag vir jou” is uit ons Top 20 die week.

Tarryn Lamb, die hoofsanger van die groep Blackbyrd, neem die week se nommer 1 posisie in met haar liedjie “Mal oor jou”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
2. Elandré – “Die lyn”
3. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
4. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
5. Bok van Blerk & Robbi

image-.jpg
0

Musiek en vermaak vir die hele gesin:- Super Naweek!!

Super Naweek is ’n splinternuwe Afrikaanse-musiekfees vir die hele familie aan die Noordkus van Suid-Afrika.

Die fees, wat plaasvind by Blythedale Event Bowl op die asemrowende Blythedale Kus- en Eco-landgoed aan die Noordkus van die sonnige KwaZulu–Natal beloof om ’n naweek soos min te wees.

Datum:- 22 Junie – 24 Junie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag, R60 per kind onder 12 per dag (dit sluit toegang tot alle kinder aktiwiteite in)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Blythedale Event Bowl?? SA Radio

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit vrygestel deur Dawie de Jager

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nou is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, Beyond Infinity, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. Beyond Infinity is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank in jo

image-.jpg
0

Gehoor van Mel Botes, wel hy kan ook in Afrikaans sing!

Mel Botes is ‘n Afrikaanse musikant. Hy is ook is ‘n digter, liedjieskrywer en komponis. Mel het in 1999 met sy epiese musiekproduksie “David’s Confession” naam gemaak.

Die eerste van vier hoofstukke van hierdie futuristiese musiekdrama “About Time” is by Sun City opgevoer. Hy het al die lirieke en musiek van “David’s confession” geskryf. ‘n Gelyknamige album is in 1999 by Bop Studios opgeneem. Hierdie werk is en word steeds beskryf as een van die beste ooit uit SA in die rock genre en jare voor sy tyd.

Mel is in 2000 uit ‘n groot aantal inskrywings in Beeld/Geraas en Janus Musiek se Vuurdoopliedjiewedstryd as die algehele wenner in die kontemporere afdeling aangewys. (Die wedstryd word in samewerking met Select Musiek en RP Studios aangebied.) Sy liedjie “As” was die wenliedjie.

“Oomblik van Waansin” is Mel se eerste Afrikaanse album en het voortgespruit uit sy aanwysing as Vuurdoopliedjiewenner van 20

image-.jpg
0

Steve Hofmeyr will perform SKREE at the Graceland Arena

Steve Hofmeyr, singer, songwriter, actor, author and activist, has reason to smile. He has recorded his 30th CD in so many years. His previous double-platinum release was one of South Africa`s best sellers for 2016 and now his army of supporters can look forward to SKREE, his latest original album for 2018.

Date:- 27 July 2018

Time:- 18:00

Price:- Winners Circle Card Holders: Only available through the theatre`s box office. Silver & Maroon Card Holders: R135.00 – Gold Card Holders: R127.00 – Black Card Holders: R120.00


Looking for a cozy place to stay nearby in Secunda?? Click Here !!

Looking for a cheap flight or would you like to rent a vehicle? visit SKY.co.za now!
image-.jpg
0

Coenie de Villiers en Mauritz Lotz tree op in Sandbaai

Kom luister na Coenie de Villiers en Mauritz Lotz vir die nuutste versameling van Coenie se musiek. Die liedere is stil en suiwer en hy word vergesel met Mauritz Lotz wat sy eie towerkrag daar byvoeg.

Datum:- 8 Augustus 2018

Tyd:- 19:30

Prys:- R150.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R142.50


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!



Adres

image-.jpg
0

Jacques de Koning is ‘n wonderlike sanger, maar hy maak amok met sy liedjies, hier is ‘n kort Bio van hom

Jacques de Koning (Hendrik Theo Jacques de Coning) is ‘n Afrikaanse sanger wat veral bekend is vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies.

Met albumverkope van ver oor die 100 000 is die goueplaatkunstenaar alombemind.

Sy skitter-debuutalbum, Kaniklani, herverpak as Girl Van Die Klein- Karoo met treffers soos Girl Van Die Klein-Karoo, Kom Dans Met My, Boerereggae en Jannie Mag Nie Koor Sing Nie, is een van die belangrikste Afrikaanse albums wat in 2001&2003 in SA uitgereik is.

Met slegs oorspronklike komposisies uit sy pen het Jacques ‘n spektrum genres van rock en pop tot boeremusiek en reggae ontgin en ‘n reuse-bydrae tot die skatkis van nuwerwetse Afrikaanse musiek gelewer.

Met sy album, Afrikaans

image-.jpg
0

Kannie Warries Dansorkes stek nuwe album vry:- Ernie se tokkel

Sedert die Kannie Warries Dansorkes in 2000 gestig het, was daar soos in enige orkes, ‘n paar orkeslede wat gekom en gegaan het. Dus het hulle nou ‘n witwarmspan wat outydse lekkerkry laat herleef met nuwe styl staalsnare!

Hul eerste album is in 2007 uitgereik waarna verskeie andere hul verskyning op dansvloere landwyd gemaak het. Die huidige vyftal is Jurg Basson, Ria Best, Rudi Jooste, Ziaan Hatting & Nico Heunis.

Die albums word vervaardig deur die ervare Ernie Bates. 
Die KannieWarries het ‘n unieke aanslag wat al net so blinkgepoets is soos hul kitare en spog met verskeie Bobaas-Boere-toekennings en selfs Ghoemabenoemings.


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by [email protected], en ek sal jou vertel hoe !!


Hul albums bestaan uit lekker-luister-liedjies wat keer dat jy eenvoudig kan stil sit. En néé, nie

musiek – top 20 sangers
0

Hier’s die top-20 sangers van nuwe Afrikaanse musiek

So met die intrapslag lyk dinge op stel belowend. Die groep deelnemers staan rond vir ‘n fotosessie. Dis kitare, skinny jeans en kuiwe waar jy kyk. Die atmosfeer is energiek. Die Sanger in samewerking met Select Musiek is opsoek na ‘n nuwe groot stem in Afrikaans. En as ‘n mens so na die hoopvolles kyk, […]
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir week 25 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20 se nommer #1 plek, en dit is niemand anderste as Appel met sy liedjie “Kom en lê my neer” Ray Dylan maak sy toetrede tot die Top 20 die week met sy liedjie “Vir […]
image-.jpg
0

Geraldine se tweede snit is een om nie te ‘mis’ nie

Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie. Haar eerste enkelsnit, Sommer, ’n popliedjie uit die pen van die bekroonde skrywer Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landwyd gepryk.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna sewe weke op die kykNET Top 20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar.

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid. Geraldine se musiek is baie eerlik en sy deel graag haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet.

Haar splinternuwe enkelsnit, Mis, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week op radiostasies la