Gehoor van Mel Botes, wel hy kan ook in Afrikaans sing!
Mel Botes is ‘n Afrikaanse musikant. Hy is ook is ‘n digter, liedjieskrywer en komponis. Mel het in 1999 met sy epiese musiekproduksie “David’s Confession” naam gemaak.
Die eerste van vier hoofstukke van hierdie futuristiese musiekdrama “About Time” is by Sun City opgevoer. Hy het al die lirieke en musiek van “David’s confession” geskryf. ‘n Gelyknamige album is in 1999 by Bop Studios opgeneem. Hierdie werk is en word steeds beskryf as een van die beste ooit uit SA in die rock genre en jare voor sy tyd.
Mel is in 2000 uit ‘n groot aantal inskrywings in Beeld/Geraas en Janus Musiek se Vuurdoopliedjiewedstryd as die algehele wenner in die kontemporere afdeling aangewys. (Die wedstryd word in samewerking met Select Musiek en RP Studios aangebied.) Sy liedjie “As” was die wenliedjie.
“Oomblik van Waansin” is Mel se eerste Afrikaanse album en het voortgespruit uit sy aanwysing as Vuurdoopliedjiewenner van 20