Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit van Verona

Verona het beslis geen bekendstelling nodig in vermaakkringe nie. Dié kleindorpiemeisie van Meyerton het oor die afgelope paar jaar nie net naam gemaak as realiteitsprogramster, radio-omroeper en televisieaanbieder nie, maar ook as joernalis, vervaardiger en sanger.

Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Maskers, vanaf haar gelyknamige debuut album wat eersdaags uitgereik word, is onlangs vrygestel en het reeds ’n Nr. 1 plek op beide 90.6 VCR en SFM Streek se trefferparades bereik. Die snit, wat deur haar en Hugo Ludik geskryf is, het ’n folk-pop-aanslag met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat die luisteraar vir lank sal bybly.

“Dit gaan oor die maskers wat jy dra in jou lewe. Die meeste van ons skuil agter maksers om ons ware self weg te steek en te beskerm. Dikwels bang om onsself te wys. Ons steek ook seerkry en swaarkry so weg. In hierdie liedjie probeer ek mense aanpor om van daardie maskers ontslae te raak waaraan jy so swaar

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo vry gestel deur André Schwartz:- ‘Tweede Kans’

Die musiekvideo van André Schwartz se nuwe enkelsnit, Tweede Kans, is pas uitgereik en is besig om soos ’n veldbrand versprei.

“Ons het die video by Atlantic Studios (waar kykNET-programme, soos Suidooster en Tussen Ons, ook opgeneem word) in Kaapstad verfilm. Homebrew Films het dié projek vervaardig en beeldmateriaal van André se grootste hoogtepunte is uit die argiewe versamel en ingesluit in die eindprojek,” verklap Leo Smit, die uitvoerende vervaardiger van die sanger se nuutste album. “Die video self, het tien ure geneem om te verfilm en die opname is die dag nadat André klaar gemaak het met die Kaapse speelvlak van The Sound of Music.”

Die konsep agter hierdie meesterstuk was ’n spanpoging deur Leo en André en die inspirasie daarvoor het gekom toe hulle na ou foto’s gekyk het wat dié musieklegende onlangs opgespoor het uit sy jonger dae. Die idee daaragter, is om te reflekteer en te projekteer en half nostalgies terug te kyk n

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo vrygestel deur Sharoney

Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo vrygestel deur Sharoney – ‘Crush’

Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh

image-.jpg
0

Nuwe pop-enkelsnit en video bekend gemaak van Xander Joubert en dit veroorsaak ’n opskudding!

Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing, is beslis nie iets wat jy wil mis nie.

Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. Aardbewing is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Die hele doel van popmusiek is eenvoud… met ander woorde – min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief i

image-.jpg
0

Nuwe snit uit deur Wikus Botma wat gaan oor die kunstenaar se lewe

Die sanger Wikus Botma het onlangs sy jongste enkelsnit, Afstand Tussen Jou En My, bekend gestel.

Die liedjie wat die storie vertel van hoe kunstenaars hul geliefdes moet agterlaat wanneer hulle gaan toer, is geskryf deur Wikus self, Zanda Traut en Monica Maree. “Ek wil graag hê luisteraars moet hoor dat die lewe op die pad nie altyd so wat wonders is nie. Elke keer wat ek in die kar moet klim en my geliefde agter laat, is dit maar moeilik om so alleen op die pad te wees. Ek weet ek is nie die enigste persoon wat deur dit moet gaan nie, so ek glo meeste luisteraars sal by hierdie lied kan aanklank vind,” sê die sanger.

Wikus meen hy het juis op die snit besluit as sy volgende enkelsnit omdat so baie mense aanklank daarby sal vind. Hy vertel: “Ek het aan die konsep vir die lied gedink toe ek vêr moes ry na ’n vertoning toe ek my geliefde agter moes los. Ek, Zanda en Monica het saam aan die lirieke geskaaf en toe het die melodie en lirieke so

image-.jpg
0

Omroeper en sanger, Martin Bester reik nuwe musiekvideo uit

Martin Bester het geen bekendstelling nodig nie. Van ’n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester tot ’n volwaardige musikant in murg en been.

Die musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Ek Het Geweet, is pas vrygestel en is ’n ware spieëlbeeld van wie Martin is.

Ek Het Geweet is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans, met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing.

“Die video is in die middestad van Pretoria geskiet. Die video is eerlik, onopgesmik, rou en energiek. Die sentrale tema is die weerspieling van my lewendige optredes wat ongelooflik belangrik en deel van my is.

Dit is vir my belangrik dat die video nie te ‘skoon’ was nie, want die liedjie gaan oor emosies en ons wou daardie gevoel vasvang en oordra. Ons het ’n baie groot drone gebruik om als vas te vang – mens kry die gevoel dat daar wel hartseer is ja, maar d

image-.jpg
0

Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het

Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.

Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.

Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv

Ontmoet Lize Beekman in ‘n neutedop

Lize Beekman is ‘n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy het op 3-jarige ouderdom aangekondig dat sy eendag haar eie liedjies gaan skryf. Op 12 is haar eerste lied, Like an Eagle, deur die Country-sanger Clive Bruce opgeneem.

Beekman se lied, ’n Sonneblom uit Bethlehem, wat deur Laurika Rauch opgeneem is, is in 2002 gedurende die GMT Awards as Lied van die Jaar genomineer. Van haar ander treffers sluit in: Draadkar oor die see, Suidlandgebed en Ek het ‘n boer sien dans. Sy het haar eerste solo-uitstalling in 2013 gehou.

Diskografie
* Ek Was Al Daar DVD, 2010 SELECT
* Sit ‘n Bietjie Langs My, 2008 Lize Beekman
* Lize Beekman – Lullabies, 2007 BOWLINE
* Draadkar Oor Die See, BOWLINE
* Iemand Het Gesê, 2004 JNS
* Cake, 2000 JNS
* Eyes Of A Child, 1997

Loer hier onder aan een van haar musiekvideo’s:- Lize Beekman – Diepsee of Knysnabos<

image-.jpg
0

Ontmoet vir Liza Brönner, ‘n Afrikaanse sangeres van formaat

Liza Brönner is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI).

Haar derde album, Vir eers is dit net ek… is op 01 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.)

In Mei 2013 wen Brönner ‘n werklikheidsprogram wat ‘n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,[1] om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer ‘n puik vertolking van die hoofrol, “Liefling” teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld.

Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, “Vir eers is dit net ek” het 2Br

image-.jpg
0

Ontmoet vir Stèfan Bezuidenhout hy is binnekort op almal se lippe

Onthou byvoorbaat die naam Stèfan Bezuidenhout. Die 11-jarige van Pretoria gaan binnekort op almal se lippe wees, wanneer sy debuutalbum die winkelrakke tref.

Stèfan is tans ’n gr. 6-leerder aan die Laerskool Wierdapark. Nadat hy ’n sangkompetisie toe hy slegs nege jaar oud was, sing hy nou saam met bekendes soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Leah, Tarryn Lamb en Willem Botha.

Verlede jaar het die jong sanger ’n video op sy Facebook-blad gelaai waar hy Shawn Mendez se Mercy op ’n kalwerbord speel en sing. Die video is al meer as 1 miljoen keer gekyk en meer as 8 000 keer gedeel.

“Ons het glad nie gedink die video gaan soveel aftrek kry nie. Ek het sommer die video met my selfoon by die huis geneem,” het Dewald Bezuidenhout, Stèfan se pa, onlangs aan Maroela Media vertel.

Stèfan werk op die oomblik aan ’n Afrikaanse liedjie. Hy het ook verlede jaar opgtree tydens Classics is Groot en sal vanjaar weer by Clas

image-.jpg
0

Optrede deur Manuel en Zita: Toeka en Nou – Pretoria

Vir een middag bring die legende Manuel Escorcio en die besonder talentvolle Zita Pretorius, twee gerespekteerde solo-kunstenaars, hul produksie Toeka en Nou na die verhoog van die Atterbury-teater. Die deel van ‘n unieke repertoire gevul met magiese solos en ‘n vloei van duette in harmonie.

Datum:- 17 June 2018

Tyd:- 15:15

Toegang:- R150 – R170


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Styl, ‘n oorvloed van sjarme, ‘n tikkie humor en hemelse stemme. Manuel en Zit

image-.jpg
0

Optrede te Langebaan: Mathys Roets by Pirates

Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.

Datum:- 16 Mei 2018

Tyd:- 20:00 tot 23:00

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
image-.jpg
0

Optrede te Pretoria – Republiek van Zoid Afrika

NET EEN AAND! Karen Zoid en vriende gaan die huis in hierdie uitsonderlike lewendige vertoning bring.

Datum:- 15 Junie 2018

Tyd:- 20:00

Toegang:- R195 – R500

Verwag sommige van die grootste treffers van haar bekroonde TV-program, asook ‘n spesiale verskyning deur Mielie Senekal en meer.

Adres:- Sun Arena @ Time Square, Menlyn Maine – Sun Time Square, 209 Aramist Avenue, Menlyn

GPS Koordinate:- -25.787990,28.282148

Kaartjies kan bespreek word by Computicket

Met Karen Zoid, Francois van Coke, Kahn Morbee (Parlotones), Jo Black, Ross Learmouth (Prime Circle)


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
SA Radio

image-.jpg
0

Opvoering by Huis Maerua Goue Oues Fees – Windhoek

Galaxy Promotions in samewerking met Huis Maerua bied ‘n musiek konsert en markdag aan om fondse vir Huis Maerua in te samel en bewustheid te skep.

Datum:- 19 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot 22:00

Toegang:- R$120


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Windhoek?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Doc Jubber Hockey Fields – Hockey Union En Jubber Hockey Fields, Cricket street Olympia, Windhoek.

GPS Koordinate:- -22.606642,17.087989

Kaartjies beskikbaar by SA Radio

image-.jpg
0

Opvoering te Stellenbosch : 401 Rozendal Danie Niehaus

Hiermee word u hartlik uitgenooi om ‘n lekker vertoning deur die bekende Danie Niehaus en smaaklike ete te kom geniet by 401 Rozendal. Die kaartjieprys sluit in ‘n heerlike verwelkomingsdrankie, Canapés en ‘n smaaklike 3 gang maaltyd voorberei deur Two Chefs. Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Datum:- 4 & 5 Mei 2018

Tyd:- Geen inligting verskaf

Toegang:- R580 p.p. – Semi-formeel


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Rozendal?? SA Radio

Opwindende nuus vir Karen Zoid-aanhangers

Karen Zoid. Karen Zoid se eerste Afrikaanse vollengte-solo-album in ses jaar, getiteld Op die oomblik – deel een, word eersdaags uitgereik. Zoid het met haar kletsprogram op kykNET, Die Republiek van Zoid-Afrika, vier samewerkingsalbums vir dié program en 27 toptreffers op iTunes, sukses behaal. Zoid se nuwe album, met sewe snitte, is die eerste deel […]
0

Paarl : Mel Botes: Poets, Wine & Song

Digters word gevier, asook hul liedjies, en afgerond natuurlik met wyn! A celebration of the poets, their songs and of course paired with wine! Featuring Mel Botes. Date:- 24 February 2018 Time:- From 20:00 until 23:00 Address:- At Ou Meul Teater, Meulstraat, Paarl, Western Cape Ou Meul Teater, Meulstraat, Paarl, Western Cape, South Africa Price […]
image-.jpg
0

PAARL Piekniekkonsert / Picnic Concert: Die Heuwels Fantasties – 24 March 2018

Heuwels en hul fantastiese klanke bestyg die berg by Taalmonument / Language Monument’s mountain alive with the sound of the hills! Dit is die laaste konsert van hierdie somerseisoen en ten gunste van die Laat ons Lees!-geletterheidsprojek vir kinders.

Date:- 24 March 2018

Time:- From 20:00 until 21:00

Address:- At Paarl Monument, Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa
Gabbema Doordrift St, Suider-Paarl, Western Cape, South Africa

Price:- R70- R140 P.P.

Die vertoning begin om 20:00 in die Tuinteater – ‘n kleinboetie van die bekende Paarl Amfiteater – op die sagte grasperk reg aan die voet van die monument terwyl die son se laaste strelende strale kwyn. Besoekers is welkom om vooraf die beeldskone omgewing via wandelpaaie te verken terwyl die kinders hulself in die speelparkie vermaak.

Bring jou eie dranki

image-.jpg
0

Paarl Rugby Klub ADAM & die Wildberries

Kom geniet die aand saam met ADAM en die Wildberries.

Datum:- 15 Junie 2018

Tyd:- 19:00 tot 22:55

Toegang:- R120


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Paarl?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Paarl Rugby Club Pub & Grub, Market Street, Paarl, Western Cape

GPS Koordinate:- -33.671033, 18.904717

Kontak:- 021 870 1685


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-

image-.jpg
0

Piet Botha se jongste uitreiking gaan ‘old school’ met Die Middernagtrein

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, stel Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend.

Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.

“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ’n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ’n metafoor vir life on the road.”

Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ’n totaal van sestien vollengte albums.

Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ’n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die sn

image-.jpg
0

Pieter Rischmüller beter bekend as Piet Pompies, verras weer met nuwe album

Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmüller, oftewel Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei.

Hy het nuwe horisonne ontdek, nuwe avonture beleef, die wêreld aan die brand gesing, en gehore vermaak met sy voet-stamp, polsende, lyfswaai liedjies en spitsvondige, sprankelende verhoogpersoonlikheid.

Piet Pompies is nie net ’n sanger, liedjieskrywer, radiopersoonlikheid en grapkas nie, maar ook ’n uitmuntende afslaer en seremoniemeester vir alle geleenthede, boonop ’n kranige golfer ook. Hy het sy debuut as radio-aanbieder in 1996 gemaak en later ook sport kommentator, voordat hy die musiekbedryf die stryd aangesê het saam met die groep, DJ Ossewa.

image-.jpg
0

Plaaslike sanger Roan Ash gekies vir wêreldwye veldtog van Apple Music

Apple Music, wat steeds nuwe talent op die Afrika-kontinent ontdek en ontwikkel, het die Suid-Afrikaanse sanger, Roan Ash gekies om deel te wees van Country Wide, ’n wêreldwye Country Musiek-veldtog wat op 27 Julie afgeskop het.

Die wêreldwye inisiatief sluit The Wild Feathers van die VSA, Catherine McGrath (Ierland), Tenille Townes (Kanada) en Australië se Missy Lancaster in.

Ash, wat in Pretoria gebore is, het bekendheid verwerf as deelnemer in die eerste seisoen van The Voice, Suid Afrika.

Sy album Whiskey To My Soul is vroeër vanjaar bekend gestel. Dit volg op sy 2015-debuutalbum The Traveller. Hierdie sanger en liedjieskrywer het vele aanhangers gewen toe hy vanjaar op die Suid-Afrikaanse weergawe van Dancing with the Stars ’n pragtige

image-.jpg
0

Potjie en Mampoerfees – Vanderbijlpark

‘N Dag en nag om alles te vier wat pret is en smaaklik goed is – in Afrikaans – insluitend Lianie May. Baie goed geprysde land kos en drankies van stalletjies aan die oewer van die Vaalrivier.

Datum:- 28 Julie 2018

Tyd:- 11:00

Toegang:- R60.00, Kinders onder 6 word gratis toegelaat, AFSLAG – Kinders 6 tot 12 jaar: R20.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Vanderbijlpark?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio