Boer345 Videos

image-.jpg
0

Vredenburg: WESKUS KUIERFEES

Weskus Kuierfees op die Weskus Sportsgronde is ‘n MOET die jaar! Heeldag vermaak vir die hele gesin. Kom KUIER saam!!!

Datum:- 7 April 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Vredenburg ?? SA Radio
image-.jpg
0

Die Ghoema-musiekpryse vir 2018 is in: En die wenners is…

Op Sondag 29 April om 20:00 het die ganse Afrikaanse musiekbedryf by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie met Ghoema Musiektoekennings wegstap.

Die Ghoemas, vanjaar in sy sewende jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek.

KLIK HIER VIR DIE BENOEMINGS
Hier is die volledige lys van wenners:

BESTE NUWELING VAN DIE JAAR
Jo Black – Skepe

BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR
1 Elvis Blue – Die Brug (Geskryf deur Elvis Blue)

BESTE HIP-HOP-LIEDJIE VAN DIE JAAR
YOMA – Wille Kat (Geskryf deur Claudia Witbooi [YOMA])

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR
Jay – So Lank Sal Ek Jou Liefhê
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde

BESTE

image-.jpg
0

Brandewyn en Braai Dag – Atlantic Beach Country Klub – Melkbosstrand

Nou gaan ons Braai! Watter beter paar as Brandewyn en Braaivleis vir Suid Afrikaners is daar nie! Heerlike lewendige vermaak, gesellige mense en jy!

Datum:- 19 Mei 2018

Tyd:- 12:00 tot 21:30

Toegang:- R110 tot R195


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Melkbosstrand?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atlantic Beach Country Club, 1

image-.jpg
0

Herfs Simfonie Seisoen Konsert – Kaapstad

Dirigent: Victor Yampolsky;
Solis: Alexander Buzlov (tjello) Wagner Overture, Rienzi, William Walton Cello Concerto; Vaughan Williams Simfonie No.5 in D

Datum:- 21 Junie 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R90 – R230


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Foreshore?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Artscape Theatre Centre, 1-10 D F Malan Street, Foreshore, Cape Town.

Kontak:- (021) 421 7839

GPS Koordinate:- -33.919557,18.429952

Kaartjies kan bespreek word by

image-.jpg
0

ANDRIËTTE, is glad nie onbekend nie, maar hier is ‘n bietjie meer inligting oor haar

Andriëtte Norman het reeds in 2007 as ‘n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om
musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.

Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos “Napoleon”, “Sewe oseane”, “Ons” en “Met ander woorde” – sowel as haar vertolkings van immergewilde gunstelinge – in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!

Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – “Diamant”, “Dink aan my”, “Vat my hoër” en “Wat rym met liefde” – het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings,

image-.jpg
0

Nuwe album bekend gestel deur Jan Blohm dis gevul met liefde, Blues en Rock

Jan Blohm is weer in die kollig met Die Liefde Album. Die rebelseun is ouer en mens hoor die lesse van die lewe in sy lirieke.

Dis rou, akoesties en die kitaar sny diep saam met die woorde. Die stories is gevleg met blues, rock en Jan se unieke digkuns, maar hier gaan als oor die liefde.

Soms maak die liefde seer, ander kere gaan dit beter. Die Liefde Album is soos om ’n roman te lees en vertel die verhaal van ’n man wat weet wie hy nou is en wat vir hom belangrik is.

Jan se toekennings deur die jare is ’n getuigskrif van sy talent en op die album het hy die sluise oopgemaak. Dis oorsronklik, net soos hy kan en ’n moet vir aanhangers, oud en nuut.

Loer hier onder na een van sy treffers op die album:- Jan Blohm – Liefde Maak

image-.jpg
0

Bouwer Bosch is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

Afrikaans Pop Sanger Jaycee Crause, is baie stil, maar hier is ‘n bietjie inligting oor hom

Jaycee Crause se nuutste enkelsnit, MY GODIN is onlangs vrygestel en die reaksie op die liedjie is ongelooflik positief.

Met bekroonde liedjieskrywer, Rudi Claase en treffer vervaardiger Werner Beukes as kreatiewe skeppers van die liedjie word daar wyd bespiegel dat hierdie liedjie baie goed gaan doen in die Afrikaanse musiekmark.

Jaycee werk tans aan ‘n nuwe album en MY GODIN is die perfekte voorsmakie van wat van hom verwag kan word.

Hy kom al ‘n lang pad in die musiek bedryf en het besluit om die keer sy tyd te vat en rustig te werk aan ‘n nuwe album en die beste produk vir sy aanhangers te bied.
Jaycee het tot dusver drie albums uitgeruik en ons kan met trots sien dat elke album ‘n m

image-.jpg
0

André van Deventer & Gerhard Meyer stel nuwe album vry:- Vasvat Snare

Hierdie manne kom al ‘n langpad. André, wat nog ‘n jongeling is, woon in Brakpan en is ‘n motorwerktuigkundige. Gerhard, wat so paar somers ouer is, het grootgeword in Lichtenburg en is nou in Klerksdorp waar hy homself as ‘n gesondheidsinspekteur bekwaam het.

Op 16 ontmoet André vir Hennie de Bruyn wat hom die basiese drukke op ‘n kitaar geleer het. Gerhard weer op die ouderdom van 14 begin mondfluitjie speel en later bemeester hy die kitaar.

Jare het verby gegaan en toe ons weer sien, bereik Gerhard Meyer en Hennie de Bruyn goue status as Die Kitaarkêrels waarvan verskeie albums opgeneem is en vele goue status bereik het en selfs met ‘n paar Ghoema- en SAMA toekennings benoem is.


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by [email protected], en ek sal jou vertel hoe !!


In 2011 kruis André en Gerhard se paaie n